40 dae van persoonlike transformasie

Scot McKnight, Nuwe Testamentikus en professor in religious studies aan North Park Universiteit in Chicago, is ook ’n geesdriftige dissipel van Jesus en ’n blogger van formaat.

Scot is bekend vir The Jesus Creed waarin hy op ’n pakkende manier skryf oor die sentrale gebod : om God bo alles lief te hê en jou naaste soos jouself.  Hy bespreek belangrike aspekte van dissipelskap en help lesers om Jesus as Joodse rabbi van die eerste eeu te ontdek.  Dit is ’n uitstekende gids vir geestelike formasie

In ’n opvolgboek, 40 Days Living the Jesus Creed, verpak Scot die Jesus Creed in ’n geestelike reis van transformasie oor 40 dae.

Ek is op die oomblik self besig om deur die 40 Days-boek te werk, en is daagliks verras met die pakkende, transformerende inslag van die boek.  Ek beveel dit graag aan by elke gelowige.
Beide boeke is by loot.co.za beskikbaar.

- Advertisement -

Click to join movement

Comments are closed.