Bid vir die Springbokke

Peter de Villiers...Springbok coach
Ds Freddie Ayford, leraar van dié VGK-gemeente Huguenot, vra voorbidding vir Peter de Villiers (nasionale rugbyafrigter en lidmaat van die gemeente) en die nasionale rugbyspan op Sondag.

Volgens ‘n berig in die NG Kerk van Wes- en Suid-Kaapland se Vrydagnuus nuusbrief, gaan die kerk tydens die erediens vir (soos hulle dit stel) “Broer Peter op die pad sit vir die wêreldbeker.”

Vrydagnuus skryf: Nou rig hierdie gemeente ‘n vriendelike versoek “tot alle leraars en gemeentes van die VG Kerk om te bid vir die Springbokafrigter saam met die Springbokspan, waar hulle die wêreldbeker in Nieu Zeeland gaan verdedig. Die Wêreldbeker-rugbytoernooi is die grootste gebeurlikheid in broer Peter se loopbaan as Springbokafrigter. Bid in besonder vir wysheid vir die afrigtingspan en dat die Here die spelers sal bewaar van beserings.”

Click to join movement

Comments are closed.