Dewald Gouws se Nuwe Halleluja debuut op Karoovlaktes

[notice] Dewald Gouws, bekend vir sy sangbediening, deel sy inspirasie vir sy nuwe lied wat hy spesiaal  vir Karoo Mighty Men gekomponeeer het.[/notice]

Dewald Gouws.
Dewald Gouws.

Deur Dewald Gouws

Die stem van oom Angus weergalm in my hart:  “Ek sal my nie skaam vir die Evangelie van Christus nie, want dit is ‘n krag van God tot redding vir elkeen wat glo, eerste vir die Jood en ook vir die Griek!” Rom. 1:16   Ek deel hierdie opdrag met ‘n mede skrywer en vriendin Carle van Deventer en dit is die onstaan van ‘n Nuwe Halleluja, ‘n passievolle wyse om as kryger vir God my roeping uit te leef! Ons Koning Jesus leef!

‘n Nuwe Halleluja is spesiaal vir Karoo MMC geskryf en word hierdie naweek die eerste keer gesing. Op die karoovlaktes sal elkeen vir Christus opnuut beleef. Kom manne deel jou passie vir God met ander mense, die beloning is die teenwoordigheid van God in jou lewe!

- Advertisement -

‘n Nuwe Halleluja –  ons verklaar opnuut:

Ons verstaan dat ons ‘n opbouende bydrae het om te lewer. Ons verstaan dat ons ‘n verskil kan maak in  ander se geestelike groei en eerste ontmoetings met die lewende God Jesus Christus. Ons bydrae behels die uitleef van ons getuienis tussen ander en die vrymoedigheid om ander te bedien! Ons verhouding met die enigste lewende God word verseker en geanker!

Op die heuwels van die berge sing alle kore van die wêreld. Van elke krans en elke kruin sal ons u naam vir ewig uit basuin.  Soos een man gaan ons stemme op na U.  Soos een man is ons oë gerig op U.  Soos een man val ons neer op ons knieë met die wete dat U alles vir ons gee.

- Advertisement -

Kom ons juig en sing van ‘n Nuwe Halleluja! Kom ons juig en sing, maak ons U engele wat opnuut U boodskap bring!

Click to join movement

 

One Comment

  1. Dankie vir wat jy doen! Jy is ‘n inspirasie vir ons.
    Ek wil graag al tie titels van die snitte op jou nuwe cd sien. Kan ek dit iewers lees? Kakamas groete – Noord Kaap