Ds Alwyn Griebenow vier 75ste verjaardag met eerste boek

‘n Afgetrede predikant van Despatch het op sy 75ste verjaardag as skrywer ontpop.

Ds. Alwyn Griebenow se eerste boek, Die sewe kruiswoorde, het op Goeie Vrydag op sy verjaardag in die vroeë oggendure van die Kaap af in Despatch aangekom. Dit is later die oggend tydens ‘n Nagmaaldiens by Sondagsriviermond, waar Griebenow as predikant waarneem, bekend gestel.

Die boek handel oor Jesus se laaste woorde aan die kruis. Dit is dus heel gepas dat dit in die Paasnaweek verskyn.

- Advertisement -

Hy was van Desember 1977 tot met sy aftrede in April1996 die leraar van die NG gemeente Bothasrus in Despatch, en het sedertdien by verskeie gemeentes in en om Despatch en Uitenhage met preekbeurte en gemeentewerk gehelp.

- Advertisement -

Ds Griebenow het gesê hy is baie ingenome met die voorkoms van sy eerste boek, en dat hy beslis weer sy hand aan die pen sal waag.

Lees meer

Comments are closed.