Dubbelle inspirasie by Pretoria Ester Konferensie 2012

Die inspirerende boodskap van koningin Ester wat opgestaan het toe haar nasie haar nodig gehad het, gaan die gehoor op twee vlakke tref by Turn2God se Ester Konferensie in die Staatsteater op vrouedag, Donderdag die 9de Augustus.

Elza Meyer, stigter van Turn2God, sal vroue (en hulle mans) bemagtig met ‘n woordgebasseerde boodskap oor hoe en hoekom mens bly staan deur daardie moeilike tyd voor jou deurbraak. Ester die musical, die hoogs suksesvolle Afrikaanse musiekblyspel, sal na afloop van die konferensie deel van die dag se ervaring uitmaak. Joe Niemand het die musiek hiervoor geskryf en hy vertolk Koning Xerxes teenoor sy vrou, Lindi Niemand, as Ester.

Die konferensie, jou ete en die vertoning word in die koste van R350 per persoon insluit. Die Ester konferensie self duur van 9h00 − 15h00 en die blyspel word dan tussen 15h30 − 18h00 vertoon. Kaartjies is beskikbaar by Adri Alberts by adri@turn2god.co.za of (012) 997 5601 / 082 320 6434.

- Advertisement -

Comments are closed.