Familie Motor Verassing vir Familie Leefstyl Stasie!

Clair Arthur (Kingfisher FM Program Bestuurder) en Reza Ebrahim (Eastern Cape Fiat en Alfa Handelshoof)

Die Oos-Kaapse Familie Leefstyl Radio Stasie, Kingfisher FM, het hierdie week ‘n welkome verassing, in die vorm van ‘n geborgde familie motor, vanaf Eastern Cape Fiat & Alfa ontvang.

Die handelaar hoof, Reza Ebrahim, het Kingfisher FM uit die veld geslaan toe hy uit die bloute ‘n splinter nuwe Fiat Linea, op ‘n een jaar borgskap, aan hulle oorhandig het.

‘Ons hou Kingfisher FM al lank met heelwat belangstelling dop,’ het Reza Ebrahim, Eastern Cape Fiat & Alfa se handelshoof, gesê.  ‘Die stasie se familie leefstyl produk vul ‘n definitiewe gaping in ons plaaslike radio mark en pas perfek by ons reeks motors.  Toe ons hierdie week hoor van hulle nuwe schedule & groei, kon ons nie anders as om by hulle in te haak nie.  Ons hoop dat hierdie borgskap ‘n groot verskil sal  maak.’

Die Fiat Linea is tot Kingfisher FM se beskikking gestel op ‘n jaar lange borgskap en sal deur omroepers gebruik word om by skole, kerke en geleenthede te kom.  ‘Dit is ‘n ongelooflike verassing,’ het Theunis Pienaar, die stasie se algemene bestuurder, gesê.  ‘Plaaslike besighede, soos Eastern Cape Fiat & Alfa, maak dit vir ons moontlik om uit te saai en te groei.  Ons bedoeling is om ‘n positiewe familie-produk vir die mense van Nelson Mandela Baai en omgewing te wees en Reza-hulle se verassing moedig ons aan om vol te hou.’

Click to join movement



Comments are closed.