Familie musical ‘Kersfees in September’ in PE

KersfeesinSeptember
Danie Matthee se ‘Kersfees in September’ word vanaf 6 Desember opgevoer by Hoërskool DF Malherbe deur ‘n groep talentvolle jong akteurs, sangers en dansers van Nelson Mandelabaai. Foto Vlnr Karla Müller, Monise Parazee, Anje Barkhuizen, Arné van Heerden, William Vermaak, Erin-Ann Meyer, Twakkies du Toit, Kareen Breytenbach met Tiaan Spies in die voorgrond.

Obed Produksies in samewerking met die Human Hearts Foundation en LineOut Productions bied aan ‘Kersfees in September’, ‘n Kersfees musical wat van 9 tot 16 Desember 2015 by DF Malherbe skoolsaal in Port Elizabeth  opgevoer word.

Wanneer ‘n pa vir sy dogter gaan wys waar hy grootgeword het, vertel hy haar die storie van Kersfees in September.  Dis die storie van die skool se rugbykaptein, ‘n meisie wat nie skaam is om haar geloof uit te leef nie, en ‘n Hoërskool musical.  Hy is een van die coolste ouens in die skool en sy, ‘n kloosterkoekie en wiskunde boffin, wat ‘n diep geheim met haar saamdra. Die laaste ding onder die son wat hy sal wil doen is om op haar verlief te raak. Maar die liefde werk nie met logika nie en saam word hulle storie een waaarmee ‘n pa sy dogter kan inspireer.

Die teks is deur Danie Matthee geskryf en saam met hom op die verhoog is ‘n groep talentvolle jong akteurs, sangers en dansers. Die musiek word deur die bekende Lilian Zeelie en Henry-John Williams wat gereeld saam met Liz Meiring werk, behartig, met die choreografie deur Kareen Breytenbach. Produksie, beligting en klank word deur Ronnie van Jaarsveld, tegniese hoof van die Nationale Kunstefees op Grahamstad, en sy span van LineOut Productions gedoen.

Vertonings is elke aand om 19:30 met ‘n middagvertoning om 14:00 op Sondag 13 Desember. Kaartjies kos R80 vir volwassenes en R40 vir skoliere en pensionarisse en kan by Helen by Westway Kafee gekoop word. Tel: 041 365 0217 Webwerf: www.westway.co.za

- Advertisement -

 

Click to join movement

Comments are closed.