Heerskappy van dakke af besing

Die interkerklike band lei die skares in aanbidding.

WOORD oor ‘n stad, aanbidding van ‘n lewende God en intense gebed.

Dit kan amper die 11de Rose City Praise and Worship wat Dinsdagaand (September 4) op die dak van Mimosa Mall in Bloemfontein gehou is opsom.

Ten spyte van ‘n verskuiwing vanaf die gewone plek op die dak was die geleentheid weereens ‘n seën en trekpleister vir Christene van verskillende dinominasies in die stad om te verenig.

- Advertisement -

Die eerste Rose City Praise and Worship is op 30 November 2010 gehou. dit het bo verwagting goeie ondersteuning geniet in die stad wat al voorheen ‘godsdienstig’ en ‘tradisioneel’ getrakseer is.

- Advertisement -

“God het opdrag gegee om die stad saam te bring in aanbidding,” sê Arno van Niekerk, hoof organiseerder van die geleentheid.

“Deur middel van aanbidding vestig God sy heerskappy in die stad. Die aanbiddingsbelewenis is soos ‘n katalisator vir die stad se governance. Veral interkerklik en buite kerklik.”

Van Niekerk vertel ook dat dit dan destyds nodig was om ‘n neutrale plek te kry en die plek ook in die openbare marksplek moeswees. Op wonderwerklike wyse is Mimosa Mall se dak gevestig as die bymekaarkom plek daarvoor.

- Advertisement -

“Daar is gesê die volgende groot herlewing sal in die marksplek gebeur. En ons sien dit nou oproer,” vertel Van Niekerk.

Mense kom bymekaar op Mimosa Mall se dak.

In 2011 was daar deur die loop van die jaar sewe aanbiddingsaande op Mimosa se dak gehou. In 2012 het organiseerders besluit om die groot bymekaarkom geleenthede te verminder en slegs vier te hou – een per kwartaal.

Teen die einde van 2012 sal daar dan al 12 aanbiddingsbelewenisse op die dak gewees het. In Bybelse terme is 12 die getal van governance en sien Van Niekerk hulle dit as ‘n volbringing van God se regering oor Bloemfontein.

“Na 2012 het ons die verwagting van God se heerskappy wat in die stad in losgelaat word.”

Volgens Van Niekerk was 2010 ook die aankondigingsjaar gewees, 2011 die oorgangsjaar en die verwagting vir 2013 is dat dit die jaar van deurbrake sal wees in Bloemfontein se transformasie.

“Ons het gevoel daar moet minder events op die dak wees en meer klein gatherings en inisiatiewe in die stad. Hierdie inisiatiewe word gebore vanuit die aanbiddings op die dak en gaan steeds oor eenheid in die stad en nie individuele gemeentes nie.

“Die saamkom op Mimosa se dak is soos die stamme van ‘n nasie wat bymekaarkom. Dus is daar ‘n eenheid wat nie noodwendig eendragtigheid beteken nie, maar diversiteit koester en vier.

“En nou, met die verskuiwing van ons posisie op die dak het iemand vir my gesê dat alles wat tydens die aanbidding gebeur nou ook binne in Mimosa gehoor kan word.”

Van Niekerk getuig verder van die Here se absolute voorsiening vir elke aanbiddingsbelewenis op die dak sover. Met die offerandes en skenkings kon organiseerders nog elke keer die presiese kostes dek.

Met hierdie aanbiddingsgeleentheid wat in die opelug plaasvind is mense egter blootgestel aan die elemente van wind en reën. Maar God het selfs die weer nog laat uitwerk op dae wat dit gelyk het asof die geleentheid sou uitreën.

“Dit was nog elke keer ‘n uitdaging met die reëlings, maar die Here wys ons dat Hy nie sulke events sal toelaat indien daar nie gaan nodig wees dat ons op Hom moet vertrou nie,” voeg Van Niekerk by.

Die volgende – en 12de – Rose City Praise and Worship is 6 November.

One Comment

  1. im interested in becoming a freelance journalist please tell me how can i become one and the other thing is we have recently established our youth group but we seek your help to write us a few praise and worship songs..god bless u for the interest u show in this request..love july-anne jafta..revival of hope youth leader(new life)