Hettie Brittz vier lente by gesinspieknieks regdeur SA

Hettie Brittz.
Hettie Brittz.

Hettie Brittz, bekende ouerskapskrywer (Kweek kinders met Karakter / Kweek gesonde gesag / Kweek Dissipline met Deernis) en –spreker, tree tussen 1 en 8 September by pieknieks en praatjies in die Wes-Kaap, Vrystaat, Noord-Wes, Gauteng en Oos-Kaap op tydens haar landswye Immergroen Lentefees.

Dié inisiatief roep gesinne op om ‘n nuwe seisoen saam met die nuwe lente te vier. Dit plaas ‘n feestelike klem op gesinne se saamwees en saamdoen, sé Immergroen Ourskap in ‘n persverklaring .

Volgens die kreatiewe Christelike ouerskap diens bied hulle fasiliteerders regoor die pieknieks en praatjies aan sodat gesinne toerusting kan ontvang om ‘n verskil in hulle gesinslewe teweeg te bring. Gesinne word ook genooi om self inisiatief te neem en op Lentedag en die 8ste September in enige park, by hulle gemeente of sommer saam met vriende gesinspieknieks te hou en die foto’s in te stuur om Immergroen prudukte as pryse te wen.

- Advertisement -

Gesinne is in krisis en sommige glo nie meer dat ‘n gelukkige gesin die norm kan wees nie, sé die verklaring.

- Advertisement -

PE Hoogland nooi almal uit na piekniek met Hettie op 8 September
PE Hoogland Gemeente, een van die kerke wat deelneem in die Lentevees kondig: “Sy [Hettie] sal op Sondag 8 September 2013 tydens die oggenddiens om 08:30 optree en daarna nooi ons die hele Port Elizabeth gemeenskap (ouers / grootouers / amper ouers en selfs onderwysers) almal uit na ’n lekker – saamkuier – gesins – piekniek saam met Hettie hier op Hoogland se lowergroen grasperke vanaf so 10:30!

“Alles is gratis so ons nooi almal om jou piekniekmandjie te pak en saam met Hettie te kom gesels en leer oor die reis van dissipelskap by ons kinders …

“Dit beloof werklik om ongelooflike oggend te wees en ’n wonderlike toerustings geleentheid vir enige iemand wat iewers in hulle lewens met kinders te make het of jy nou ’n ouma is wat smiddae huiswerk moet doen of ’n onderwyseres met 30 woelwaters in jou klas.”

- Advertisement -

Navrae kan gerig word aan Leandra by Hoogland se Kerkkantoor 041 367 1485 / leandra@pehoogland.co.za of aan Lynette van Wyk lynettevw@gmail.com.

Die Immergroen Lentefees landswye program en meer besonderhede is beskikbaar op die webwerf www.immergroenouerskap.co.za of hulle Facebook bladsy. Intussen kan jy gerus luister na Hettie se ouerskapswenke elke Dinsdag- en Donderdagoggend net na 6h opKykNET se Dagbreek program.

Comments are closed.