KMMC spreker voorskou: Afrika Mhlophe

Afrika Mhlophe speaking at KMMC 2013. He is one of the speakers at KMMC 2014.
Afrika Mhlophe was ‘n spreker by KMMC 2013 en is weer terug vanjaar.

 

Mans gedaag om hulle Christelike waardes uit te leef

English

Die bybelse beskrywing van die fisiese herbouing van die tempel en herstel van die volk deur Nehemia is vandag van toepassing op Suid Afrika volgens ‘n Port Elizabethse pastoor, Afrika Mhlophe, wat die woord gaan bring by die vierde Karoo Mighty Men Konferensie (KMMC) te Rusoord plaas aan die buitewyke van Middelburg op 25-27 April, 2014.

- Advertisement -

Mhlophe, wat ‘n roeping en gawe het om die evangelie van versoening tussen God en mens oor rasse grense te verkondig, sê sy boodskap aan KMMC 2014 sal die boek van Nehemia wees wat vele ooreenkomste het met die nut vir die herbouing van die hedendaagse Suid Afrika, veral die noodsaaklikheid vir ons terugkeer na ‘n lewe gebaseer op etiese en goddelike waardes.

- Advertisement -

Die boek Nehemia fokus op die herbouing van Jerusalem, terugkeer van die Jode na Jerusalem vanuit ballingskap; die herbouing van die fisiese lewe van die Israelse volk; die vergifnis en hervorming van die Joodse nasie wat in sonde verval het; die hernuwing van hulle verbond met God en hulle onderwerping aan sy wil.
Nehemia was ‘n man wat sensitief was vir God en sy mense. Hy was ‘n vader van die geloof wat geween het oor die volk se sonde en opreg namens hulle ingetree het deur gebed tot God.

Nehemia was inderdaad ‘n man van gebed – hy het sonder uitsondering tot God gebid voordat hy enige taak onderneem het.

Mhlope sê die boek van Nehemia daag ons uit om ons geloof in God te demonstreer deur die manier waarop ons lewe en ons gehoorsaamheid tot God se woord.

- Advertisement -

“As Suid Afrikaanse Christene het ons nodig om die gaping te oorbrug tussen ons nasionaliteit en God se koninkryk en toe te sien dan sy wil geskied op aarde soos in die hemel.”

Die Gees Vervulde Bybel noem vier beginsels wat uitstaan in Nehemia.

“Eerstens, deernis baan menig maal die weg na gehoorsaamheid aan God se wil”

“Tweedens, samewerking met ander is noodsaaklik om God se tot stand te bring.”

“Derdens, selfvertroue spruit voort uit vurige gebed en die bestudering van God se Woord wat sy wil bekend maak.”

“Vierdens, selfvertroue manifesteer as heilige vasberadenheid om God se wil deur te voer.”

Nehemia lê klem daarop dat God sy woord en sy beloftes hou. Hy beloof sy volk twee dinge: dat Hy hulle gehoorsaamheid sal seën en hulle ongehoorsaamheid sal straf. Hy beloof om die gehoorsame te beloon en die ongehoorsame te straf.

Nehemia leer ons ook dat God die harte van alle mense voorberei, beide Christene en ongelowiges, in die voleinding van sy wil en dat God ook die regte leiers op rig vir sy mense op die regte tyd om sy wil tot voleinding te bring wat van radikale belang is vir ons land ten tyde van ‘n verkiesing.

“Ek vind dat menige Suid Afrikaners wil weet wat hulle rol nou is” sê Mhlophe.

“Dit is my siening dat ons gesag het as volgelinge van Christus om armoede, siekte, ongeleikheid en onetiese optrede hok te slaan soos dit ons konfronteer om elke hoek en draai in Suid Afrika.”

“Ons het nodig om ons verskille uit te stryk en by te dra tot eenheid in ons land; iets wat baie werk en vele opofferinge gaan kos.”

“Ons het nodig om, as kinders van God, tot ‘n plek te kom waar ons verstaan dat die enigste onderskeid wat oorbly die verskil is tussen gelowiges en ongelowiges. Dit is ons taak om die evangelie van bekering en vergifnis van sonde te versprei onder alle volke in Jesus Christus.”

“Dit is nietemin van kardinale belang om ons geloof te aktiveer want geloof is ‘as dit nie werke het nie, in sigself dood. (Jak 2:17).”

Mhlophe sê dit is noodsaaklik dat ons Christen waardes uitleef deur ons rol as Suid Afrikaanse burgers.

One Comment

  1. Dankie. Soos ek verstaan ,kan christene deur skoon en sober te leef’n verskil maak in ons land.