Lady Grey Passiespel weer vanjaar aangebied

Die Lady Grey Passiespel, n jaarlikse produksie, wat Jesus Christus se geboorte, lewe, leiding, kruisdood,
opstanding en Hemelvaart uitbeeld, word hierdie jaar vir tiende agtereenvolgende jaar aangebied.

Hierdie gesamentlike projek van die Lady Grey Kunste-Akademie, die NG-gemeente en die groter gemeenskap
van Lady Grey het ten doel het om die Evangelie op unieke en spesiale wyse te verkondig.

Wat die Passiespel so uniek maak, is die kombinasie van verskeie kuns-vorme om die verhaal van Jesus oor
te dra. Drama en toneelspel maak uit die aard van die saak „n groot deel uit van die verrigtinge, maar dit is
nie al nie. Die Altech Konsertkoor maak „n prominente deel uit van die naweek se program en sing
verskeie bekende geestelike en ander gepaste koorwerke, waaronder Handel se Hallelujah-koor, uittreksels
uit die Requim van Mozart, en ander klassieke en moderne koorwerke. Klassieke ballet en moderne danse
maak verder deel uit van die vertelling, terwyl beeldende kunste deurlopend aangewend word om die tema
en emosies rondom Paasfees te versterk.

Die drie-dae-lange produksie, met ongeveer 160 akteurs en verskeie dansers, vind jaarliks gedurende die
Paasnaweek plaas en word op verskillende plekke in die skilderagtige dorpie opgevoer. Al die akteurs,
onder wie leerders van die Lady Grey Kunste-Akademie, onderwysers, boere, pensionarisse, sakemanne
en vele ander “gewone” mense, is almal lede van die gemeenskap van Lady Grey.

- Advertisement -

Die Passiespel begin om 14:00 op Goeie Vrydag en duur tot en met die Opstanding en Hemelvaart op
Paassondag. Besoekers word aangemoedig om volgens „n Bybelse tema aan te trek en deel te vorm van
die gebeure gedurende die naweek.

Die Passiespel, wat 10 jaar gelede op relatief klein skaal begin het, het ontwikkel tot „n semi-professionele
produksie wat elke jaar gedurende Paasnaweek letterlik honderde mense na Lady Grey laat stroom.

„n Reunie van persone wat gedurende die afgelope tien jaar betrokke was by die Passiespel word ook
beplan. Alhoewel verskeie mense reeds die afgelope tien jaar dieselfde rolle vertolk, was daar byvoorbeeld
reeds 5 akteurs wat die hoofrol vertolk het, 4 verskillende persone wat Satan uitgebeeld het, ens.

Die afgelope 9 jaar se Graad 12 leerders van die Kunste-Akademie was onder andere ook betrokke, asook
verskeie lede van die gemeenskap wat intussen die dorp verlaat het. Al hierdie deelnemenrs word
uitgenooi om die naweek by te woon en die 10de verjaardag van die Lady Grey Passiespel te vier.

Meer inligting oor die Passiespel is ook besikbaar onder die “Passion Play” skakel op die webwerf van die
Lady Grey Kunste-Akademie (www.artsacademy.co.za).

5 Comments

  1. Ek is opsoek na meer inligting rondom die passiespele nl. Kaartjies om te koop en verblyf en datum asb

  2. Ek is ook opsoek na meer inligting rondom die passiespele vir 2013. Waar kry ons Kaartjies om te koop en verblyf en datums asb?

  3. Goeie dag ek is opsoek na kostes, verblyf, datums ens vir 2014.

  4. I am a tour operator and would like to attend in 2016. Please supply me with info regarding times, cost, accommodation etc