Lesse oor vennootskap met God — ‘n getuienis

‘n Droom word waar — die Living Ball rugbyspan lig die kruis na hulle oorwinning in die plaatfinaal.

[notice]Die deelname van die Living Ball rugbyspan by die eerste Sewes Primier-liga in George verlede maand was die realisering van ‘n droom wat God 10-jaar gelede in Manie du Toit se hart geplaas het. Du Toit is ‘n voormalige sportman en stigter van Living Ball – ‘n bediening wat die Evangelie verkondig deur middel van sportsballe. Hy sê dat hy oor die jare heen die duur lesse geleer het oor gehoorsaamheid aan God en om Hom te vertrou om Sy planne op Sy manier, in Sy tyd, te vervul. Hierdie is Du Toit se getuienis.[/notice]

Manie du Toit

Einde 2002 het ek ’n ontmoeting met ons Hemelse Vader gehad waar Hy vir my gevra  het  of  ek my eerste liefde vir Hom prys sal gee, wat op daardie stadium rugby was en ook my geluk.  Die liefde van God het my gehelp om te sterf van my eerste liefde. Hy het vir my gesê Hy wil my meer gee as rugby en dat ek Hom moet begin verheerlik. Dit is n storie soos Abraham en Isak.  Alles wat vir jou  belangriker as jou verhouding met jou Hemelse Vader is moet jy prys gee, want dit steel jou geluk.  Daar is niks op aarde wat jou gelukkiger maak as om  in ‘n  liefdesverhouding met God te wees nie.  Nadat ek dit prys gegee het,  het God dit vir my kom teruggee met ‘n opdrag.  Sportballe sal reg oor die wêreld versprei word met n storie van hoop en liefde.  Dan het Hy ook met my gedeel dat hy n professionele rugbyspan gaan oprig  wat vir Hom gaan speel en dat die span die voertuig gaan raak vir die balle.  Die span gaan begin aan die suide van Afrika.  Baie mense het vir my gelag en dan het ek geweet dis onmoontlik en dat net God dit kan laat gebeur.  Dit is ook waar die visie van die balle begin het.  Balle is nou ook al versprei na ander dele van die wereld.  Ek het vir God  gevra hoekom ek, en net ervaar dat Hy vir my sê dat dit  nie gaan oor my nie, maar dat Hy my wil  gebruik vir Sy glorie.

Duur lesse
Die droom wat ek van God ontvang het was nie altyd maklik nie, want ek het baie die droom self probeer doen.  Ek het baie duur lesse geleer –  as God jou ‘n droom gegee het moet  jy net gehoorsaam wees aan Hom en Hy sal die droom op Sy tyd laat gebeur, en Hy sal al die eer daarvoor kry.

- Advertisement -

Wat ek ook geleer het, wanneer God  jou ‘n droom gee, is dat dit belangrik is dat jou droom eers moet sterf sodat jy op n plek van net afhanklikheid sal kom en sien hoe God dit gaan laat gebeur!

- Advertisement -

Ek was op ‘n stadium in trane, en het ook baie vervolging beleef met die droom , toe ek sien dit is besig om dood te gaan. Ek het vir Jannie Horn van Eagles Ministries gaan sien en hom vertel  dat God my 10 jaar gelede hierdie droom gegee het, maar dat die droom besig is om dood te gaan! Ek het gehuil en Jannie het met opgewondenheid begin lag en gesê: “Prys die Here! Manie is besig om te sterf sodat God se droom kan begin”! Ek  het nie verstaan nie en weer gesê maar die droom is dood en Jannie het gese: “Jy sal sien, dit gaan nou begin!”.  Ek het daar uitgestap en gedink dat ek nie kan sien dat hierdie droom weer sal opstaan nie,

Deurbraak
Nadat ek die droom vir God terug gegee het , het Franna Cillie, my vriend van 9 jaar, wat al die verspreiding van balle hanteer in Livingball, my  twee maande later gebel.  Hy het gesê hy het iemand ontmoet wat wil betrokke raak by ons visie van die span wat oor die wêreld gaan en dat hy die fondse sal gee vir ‘n  span om te speel in n toernooi wat einde van 2012 in George gaan plaasvind.

“God het met my begin deel dat ‘n mens  nie ‘n koningkrykvisie op ‘n wêreldse sisteem kan
bou nie.”

- Advertisement -

Ek het dadelik begin lag en geweet God is getrou nadat ek die droom prys gegee het .  God het dit toe heeltemal anders gedoen as wat ek gedink het en natuurlik ook baie beter!

Ek wou betrokke raak by ‘n Rugbyunie in George, die Arende, maar het agtergekom hoe meer jy die waarheid wil doen, hoe  meer sal hulle jou wil uitwerk, want dis ‘n ego wêreld en elkeen is vir homself.  God het met my begin deel dat ‘n mens  nie ‘n koningkrykvisie op ‘n wêreldse sisteem kan bou nie.  Ek was dadelik so opgewonde want ons gaan ons eie span hê wat regoor die wereld gaan om God se Woord te gaan verkondig, en God sal al die eer kry!

Ek het dadelik vir Franna gesê ons moet n afrigter aanstel en ‘n  spanbestuur en spelers kry .   Franna het my dadelik in my woorde gestop en gesê God is klaar besig om alles in plek te sit en dis belangrik dat ek op my roeping bly in hierdie liggaam.  Ek moes weer dadelik vir God jammer sê, want ek wou weer beheer oorvat, maar Franna het my op my plek gesit .  Ek het dadelik begin met  bemarking en voorbrand begin doen vir die span.  Franna is verant woordelik om die span in plek te kry. Die span het saam begin oefen in Pretoria.

‘Kyk wat Ek gaan doen!’
Ons almal het begin opgewonde raak oor wat God met hierdie span gaan doen Desember en dis ‘n droom wat waar word om ‘n impak vir Hom te maak!  Wat ook wonderbaarlik was, is dat die droom van die span in George begin, net soos die sportballe!  God het ’n week voor die toernooi met my begin deel dat ek  moet terug sit en kyk wat Hy gaan doen,  want ons kan niks doen nie. Ek was opgewonde en die woorde van “Kyk wat gaan Ek doen” het heeltyd by my gebly. Ek het weereens besef ons moet net in God se wil inbeweeg en kyk wat Hy gaan doen!

Die span is bekendgestel op die 12de Desember 2013 – iets waarna ons almal baie uitgesien het!

Die bekendstelling van die span.

Wat so amazing was, was dat een van die spelers ‘n week voor die toernooi moes onttrek, maar ons het geglimlag want ons weet God het hierdie span bymekaar gesit.  Ek het vir Franna gevra wat nou en hy het gesê Freddie Grobler, die afrigter, is besig met ’n speler, Dean Heymans.  Ek het op daardie stadium voor die bekendstelling gebid dat God vir my Skrif moet gee vir elke speler.  Die Skrif wat ek toe kry vir Dean was die volgende:  Markus 9:35. Dit gaan oor jesus wat Sy 12 dissipels geroep het en gesê het dat die een wat laaste is, eerste sal wees.  Dit was so amazing want daar is 12 spelers wat almal dissipels van Jesus en van die Living Ball span is!  Ons het almal voor die toernooi vir mekaar gesê, dat as ons wen, gaan ons die kruis optel om vir God die eer te gee.  Ons het voor die tyd geweet dit is God se plan en dat dit gaan gebeur.

Die wedstryde begin
Die wedstryde het die Vrydag begin en ek het myself heeltyd daaraan herinner dat  ek net moet terug sit en kyk  wat  God gaan doen die volgende twee dae.  Dit het nooit vir my oor rugby gegaan nie, ek wou regtig net sien wat God gaan doen.

Die eerste twee wedstryde het die Living Ball span bietjie gesukkel, en niks het gebeur soos ons gehoop het nie.  In ons menslikheid hoop ons vir sekere dinge, maar God het altyd ‘n beter plan.  Ons moet net positief bly.  In die laaste wedstryd van die dag moet ons teen WP te staan kom, en statistieke het gewys dat indien ons na die kwarteindrondte wou deurgaan, ons hulle egter met 36 punte moet wen.  –  wat eintlik onmoontlik is…

Stefan Terblanche een van die Springbokspelers in die span in aksie in ‘n belangrike wedstryd teen Westelike Provinsie.

Die spelers het op die veld gedraf en ons het die wedstryd 38-0  gewen, wat vir ons almal amazing was!  Die les wat ek die dag geleer het is dat alles kan vir jou in die lewe verkeerd loop maar God sal aan die einde alles ten goede laat meewerk,  vir die wat Hom in Hom glo.  Moet nooit moed opgee nie. Die volgende dag het ons teen die Cheethas 14 elk gelykop gespeel, maar met eksta tyd het hulle toe eerste punte aangeteken.

Die volgende 2 wedstryde het ons gewen en spelers het al hoe beter begin speel  .Ons het in die plaatfinaal die Blou Bulle met 24 – 12  gewen, waar ons dan uiteindelik by ons droom kon uitkom om die kruis op te tel, om vir God net weereens dankie te se vir wat Hy vir ons aan die kruis gedoen het, en dat ons vandag ‘n lewe in oorvloed kan hê!

‘Ons fokus was om vir die kruis te speel’
Dit het gevoel soos ‘n sprokie, want die vorige Maandagaand het ons as ‘n span besluit dat God dit op ons hart lê dat ons die kruis gaan lig.  Ons fokus was nie om vir ‘n miljoen Rand (die prysgeld van die toernooi) te speel nie, ons fokus was om vir die kruis te speel , want soek eers die koningkryk van God en alles sal vir jou bygevoeg word.  Die miljoen Rand was vir ons ‘n bysaak.

Living Ball se Evangelie rugbyballe was gebruik regdeur die toernooi.

Dit is met groot dankbaarheid en ‘n baie nederige hart dat ek hierdie skrywe vir julle stuur.  Alle eer aan God wat hierdie droom in vervulling gebring het!  God is nie ‘n God dat Hy nie Sy beloftes nakom nie, dis maar net ons wat partykeer in die pad staan.  Ons wil so baie keer goed doen vir God en vir Sy koninkryk, maar verrig soms meer skade omdat ons nie op God se tyd wag nie.  Al wat God van ons verwag, is GEHOORSAAMHEID.  Ons verhouding met God moet van so ‘n aard wees, dat ons Sy stem duidelik kan onderskei, en wanneer Hy sê die tyd is reg, wees gehoorsaam.

Ek wil graag afsluit om aan te haal uit “Die Bybel vir ‘n geesvervulde lewe”, bl.69,70 Waarheid aan die werk:

Wandel in die geloof:
Abraham word “die vader van die gelowiges” genoem, en hy is ‘n rolmodel van ware geloof.  In hierdie “vriend van God” (Jak 2:23) se lewenswandel word geloof nie geteken as ‘n volmaakte karakter of gedrag nie, maar bloot om God op sy woord te neem.  Abraham se lewe demonstreer ook hoe ons daarin kan groei om God se woorde te glo;  dit bemoedig ons om te volhard hoewel ons dalk stadig groei of nie onmiddellik kan sien dat ons geloof vervul word nie.

*Gen 12:1-9            Moenie bang wees wanneer God se leiding ‘n koers inslaan wat jy nie verstaan nie.  Jy kan volkome vertrou op die Here.

*Gen 15:6                Glo God se beloftes aan jou.  God is in staat om dit te laat geskied, al kan jy jou nie voorstel hoe nie.

*Gen 16:1-4            Vermy dit om God se beloftes deur jou eie krag te probeer verwesenlik.  So skep jy net vir jouself probleme.

*Gen 22:1-14          Vertrou dat God sal voorsien, soos Hy beloof.  Onthou dat God se voorsienigheid strategies geplaas is langs die weg van getroue gehoorsaamheid.

Laat jou visie jou weg bepaal:
Josef se lewe is ‘n kragtige bewys van God se soewereine vermoë om sy roeping vir ‘n gehoorsame persoon tot vervulling te bring.  Josef het as jongeling ‘n visie van God se plan vir sy lewe ontvang.  Kort daarna het dit nie net gelyk asof die visie vervaag het nie, maar ook asof hy sy lewe in slawerny en die tronk sou slyt.  Nogtans het Josef getrou aan God gebly.  God het dit wat as boosheid bedoel is, benut om sy dienaar te slyp en in die posisie te skuif om Sy visie vir Josef se lewe te verwesenlik.

*Gen 37:5-11          Oordink God se visie.  Moet dit nie voortydig met ander deel nie, maar vra na God se tydsberekening.

*Gen 39:4,21          Vertrou dat God ander mense goedgesind teenoor jou sal instel.  God kan ‘n weg baan selfs wanneer dit onmoontlik lyk.

*Gen 39:9                Bly in alles wat jy doen aan God getrouMoenie kompromieë aangaan nie, veral as die visie lank vat om werklikheid te word.

*Gen 41:14-57       Glo dat God genoegsaam is.  Die Here het jou alles gekenk wat jy nodig het om sy doel met jou te bereik.

*Gen 45:7,50:20    Vertrou op God se soewereine voorsienigheid.  Bly getrou aan sy roeping en doel vir jou, en die Here sal alles vir jou ten goede laat meewerk.

Ek hoop dit is vir jou nuwe inspirasie om aan te hou droom en daaraan vas hou.

 

2 Comments

  1. Wow Wow Wow!!!! Dankie Manie en André vir hierdie artikel, sonder enige twyfel, ‘God has got something up His sleeve’! Die Woord is die waarheid, ‘We will overcome by the blood of the Lamb and the Word of our testimony’! Skree dit van die dakke af. Laat dit juig in elke pragtige nuwe stadion on ons mooiste SA!! Well done!

  2. Glo en vertrou is wat ons moet doen. Dankie vir die boodskap