NG Kerk aanvaar voorstel: ‘Kerkrade moet self besluit oor gay verhoudings’

drandrebartlett
dr André Bartlett (Foto: Reformiert-info.de).

Oorspronklik gepubliseer in Netwerk24

Die NG Kerk se algemene sinode het gekies om vorentoe te beweeg in die kerk se standpunt rondom selfdegeslag verhoudinge.

Voorstel twee van dr André Bartlett is aanvaar met 102 stemme teenoor die 88 stemme wat dr Chris van Wyk se voorstel aanvaar het. Voorstel 2 is dat die besluit oor gay verhoudings in die kerk aan die onderskeie kerkrade oorgelaat word.

- Advertisement -

Bartlett se voorstel wat as substantiewe voorstel aanvaar is, sal die hart van die pad vorentoe wees, al kan dit steeds geamendeer word deur die voorstellers en hul sekondante.

- Advertisement -

Die finale voorstel sal met ‘n tweede ronde stemme gefinaliseer word.

In effek het die NG Kerk se algemene sinode besluit die tyd om net aan te hou met navorsing en nie ‘n besluit te neem nie, is verby.

“Ek is oorbluf, maar ek dink dis ‘n groot stap vorentoe vir die herstel van die gelykwaardigheid van al ons kerk se gay-lidmate,” het Bartlett direk ná die bekendmaking van die stemme gesê.

- Advertisement -

Bartlett se voorstel vra in die stadium dat daar verklaar word dat hetero- en homoseksuele paartjies wat in ‘n verhouding van “persoonlike geloofsgehoorsaamheid met die Here leef” ten volle moet kan deelneem aan al die voorregte van die kerk.

Hulle herbevestig dat ‘n huwelik tussen een man en een vrou is, maar dat burgerlike verbintenisse tussen gay mense in die kerk bevestig kan word deur predikante wat “hulle weg oopsien” om dit te doen.

Verder word daar nie addisionele voorwaardes, soos die selibaatsklousule, aan gay-lidmate gestel nie.

Diskresie word aan die kerkrade gegee om hul eie standpunte en praktyke hieroor te formuleer en te reël, juis sodat niemand gedwing moet word nie, omdat daar so ‘n diverse hoeveelheid standpunte in die kerk hieroor is.  

 

 

28 Comments

  1. Ja … ou wêreld …
    Die Woord van God as norm, word nou soos ‘n vuil waslap hanteer en geëer …
    Dr Jan Grey.
    NS. Selfs hier in sekulêre Australia het die Kerk nog nie só besluit nie … jaaaaa ….

  2. Die ware kerk (nie n struktuur of organisasie nie) van christus is een en sal nie wankel en hande vat met sonde nie…die tyd het gekom dat die wat nie die druk kan hanteer sal wegval…2Th 2:3 Let no man deceive you by any means: for that day shall not come, except there come a falling away first, and that man of sin be revealed, the son of perdition;

  3. Dankie NG Kerk!! Dis tyd dat mense leer die Bybel is nie ‘n reelboek nie! Mens doen die Bybel oneer aan as mens dit reduseer na ‘n reelboek. Vir al die mense wat nog so voel. Julle vroue moet hoede dra kerk toe, en hulle mag nie praat in die kerk nie. O ja, en slawerny is OK. Die Bybel se so. Eks nou bietjie sarkasties, maar vergewe my dit. Dis tyd dat mense hulle oë oopmaak en hulle breine gebruik wat God vir hulle gegee het. God het gay mense so gemaak. Hoekom sal hy hulle verbied om lief te hê? Kyk wat se Dawid, die man na God se hart in 2 Sameul 1:26.

    • Nee God het nie mense gay gemaak nie- Hy verbied sodomie soos alle ander seksuale sondes en se hulle wat dit doen- sal nie die Koninkryk beerwe nie. Dit is beslis heeltemal n aksie TEEN SY SKEPPING. (Gays kan nie kinders verwek) God het sondaars lief daarom het Jesus gekom (om te red en nie te veroordeel nie) MAAR wanneer Hy weer kom is dit om te oordeel.
      Sodomie is n gruwel in God se oe. LEES die Bybel.
      Ons haat ook nie gays nie, glad nie! Dis trouens LIEFDE om te waarsku en te vermaan. Jesus het elke sondaar lief. Hy t Sy lewe vir ons gegee en DUUR betaal vir ons siele. Dis dit nie werd om met sonde vol te hou en die ewige hel te beerwe nie. Die ding is, ons WIL aanhou met sonde doen en nie met dit breek nie want ons is in die vlees. Jesus is daar vir ons swaktes. Jesus kan ons uit elke sonde vrymaak en verlos en red.
      Die Ng kerk is besig om die spoor en pad te verloor na saligheid. Watter god dien hulle? Vir hulle wag daar n swaarder straf, hulle wat herders is en Sy skape mislei. Die kerk moet glad nie gays veroordeel verstoot en haat nie maar hulle in die waarheid lei met die verlossingsboodskap van Jesus Christus en hulle doen dit nie!
      Sal GOED wees as massas lidmate nou hul lidmaatskap bedank.
      Hierdie kerk sal sien hulle het nou die pad heeltemal verloor.

    • Nee my vriend. Die probleem hier is nie om iemand lief te he nie. Die probleem is met aktiewe homoseksuele verhoudings. Ek het nie ‘n probleem met gay mense nie. Ek weet te min van orientasie om ‘n valid opinie te he daaroor. Maar die Bybel se baie duidelik dat om homoseksuele dade te beoefen (dws seks met iemand van die selfde geslag) val in die selfde kategorie van egbreek, lieg of steel. Dit is sonde. en al is dit ‘n sensitiewe saak (want dis persoonlik en mense kry seer) kan ons nie God se woord ignoreer nie. Ek stem met jou saam dat die Bybel nie net n stel reels is nie maar ons moet tog gehoorsaam wees aan wat daarin staan. as ons ignoreer wat God se Woord oor iets se hoe kan ons dan se ons dan se ons is lief vir die Here?

      Rakend jou opmerking oor slawerny… Nee. die Bybel se nie dit is OK nie. Paulus se ‘n slaf moet gehoorsaam wees aan sy eienaar ja, want dit is hoe ‘n Christen behoort op te tree teenoor iemand met gesag. In daardie tyd het n slaaf se eienaar gesag gehad. Dit beteken nie Paulus gee ‘Thumbs up’ vir slawerny nie. ons moet besef dat Paulus se misie was nie om slawerny tot stop te sit nie. Sy doel was om die Evangelie versprei. Hy het nie slawerny beveg nie, maar dit beteken nie dat hy gedink het dis ‘OK’ nie. Hy het slegs vir Christelike slawe riglyne gegee van hoe om te leef soos Christus sou.

      EK weet hierdie gaan jou nie oortuig nie, maar ek hoop jy verstaan hoekom baie mense omgekrap is oor hierdie besluit.

    • Jy verstaan jou bybel verkeerd. Dawid het nie gepraat van gay liefde nie. Dis is broeder liefde. Ek het ook n vriend wat ek liewer het as my vrou. Maar omdat hy sy lewe sal gee vir my. Ek hoop dat jy sal sien dst satan jou mislei met jou intrepetasie van die woord. Maar dis sy manier. Daar is waare vriende en dans daar waare broers. Daar waar jou gedagtes is daar is jou gees. .. Gays kan nie die koningkryk beerwe nie.. maar God het wel vir almal gesterwe so as hulle hul bekeer sal hulle gered word. Soddom en Gamora is nie vernietig omdat God net een oggend besluit het om vuur te maak nie.

  4. GOD maak jou nie gay nie. dit is jou besluit om gay te wees!

  5. Willem jy beweer nou dat Dawid en Jonatan was homoseksueel. Omdat Die Bybel sê hulle het mekaar gesoen, omhels en liefgehad. Die Skrif sê dat Jonatan sy klere vir Dawid gegee het (1 Samuel 18:1, 4, 20:41). Dawid het egbreuk gepleeg met Batseba. Hy het baie vroue gehad. Jonatan het ‘n seun (Mefiboset) gehad. Sulke optrede is nogal vreemd vir homoseksuele mense? Dawid en Jonatan het ‘n gesonde en ryk vrienskap gehad. Hulle was alles behalwe homoseksueel. In die genetika is daar nog nooit homoseksuele gene in enige mens gekry nie. Dit is aangeleerde gedrag. Enige gedrag of ingesteldheid wat aangeleer is, weer afgeleer word. Homoseksuele kan dus hulle sondige seksuele gedrag afleer net soos wat heteroseksuele wat aanhoudend immorele dade pleeg, hulle gedrag moet afleer. Homoseksuele gedrag kan net soos ander sondes volkome vergewe word.

    • Renier my vriend, rondom jou in die kerk sit manne wat eerder saam met n man wou wees, maar druk en veroordeling van die mense in die kerk het gemaak dat hulle sit waar hulle sit. En ek se veroordeling, want ek het n paar gay vriende wat deur veroordeling van die mense in die kerk in die okkulte betrokke geraak het. Bid eerder daarvoor dat God hulle sal terugbring na hom toe. En ek beweer gladnie dat Dawid en Jonathan n homoseksuele gehad het nie, maar die moontlikheid is nie uitgesluit nie. O ja, ek het ook kinders.

      • Willem jy is reg nerens in die Woord veroordeel Jesus Homoseksualiteit nie, verder kry ek ook geen plek waar hy teen verkragting, bestialiteit of bloedskande praat nie. Volgens jou redenasie is daar dan ook geen fout daar mee nie! En die manne wat om my in die kerk sit wat wat eerder saam met n dier, of sy eie ma wou wees, of dogterjies bedelm en dan verkrag, moet dus dan ook toegelaat word om hulle “siekte toestand” uit te leef.

        Jesus het aanvaar dat almal hierdie dade as sondig beskou. Hulle het mos Levitkus 18 en 20 gehad. Jesus impliseer dat homoseksualiteit verkeerd is wanneer hy sê dat God die mens man en vrou gemaak het (Matteus 19:4-6). Volgens Jesus is selibaat die enigste alternatief (Matteus 19:12). Vir Hom is homoseksualiteit nie ‘n opsie nie.

        Ek sê ook nie ek en my gesin is sonder sonde nie maar ons erken ons sonde en ons werk daar aan om vergifenis te kan kry vir daardie sonde en ons probeer ons bes en ons vra die hielige gees en Jesus om ons te help om nie weer te sondig nie. Dit geld vir ons gesins lewe en ons huwelikke. In Romeine 3:25-28 bevestig God weereens dat almal wat in Jesus glo sonder sonde is en dat hulle sondes weg gewas is deur die bloed van Juses aan die kruis. En dit is vandag net so waar as wat dit 2000 jaar terug was! Nou vra jy maar as my en jou sondes reeds vrygespreek is wat van ‘n homosekusuele persoon se sonde? Een ding wat ons nou moet ont hou die Here vergewe sondes wat BELY word. Dit is die kern van die boodskap “BELY word”. Wat betek dit dat ’n Mens moet jou sondes bely? Belydenis van sonde is: jy gee dit toe, jy erken dit, jy sê dit as’t ware agterna,as God in Sy Woord sê dat dit wat jy gedoen het, verkeerd is, dan sê jy dit ook saam met God se Woord: “dít wat ek gedoen het, is verkeerd!” Die Hére sê dat selfs óns nog sondes doen. En Hy wil hê dat ons dit moet bely, dat ons ons deur Sy Heilige Gees, wat met Sy Woord hier in ons binneste werk, moet laat oortuig dat sekere dinge wat ons wens en dink en sê en doen, verkeerd is, en dat ons dit dan moet toegee en moet erken: ek het gesondig!

        Ons moenie ons sondes vir God probeer wegsteek, of dit by onsself probeer wegpraat of goedpraat nie. Ons moet dit eerlik en konkreet bely. En ons sal agterkom dat die Here presies is soos wat Hy in die Bybel laat skrywe het dat Hy is: die Vergewer en Reiniger van sondes! En as Hy jou sondes vergewe het, is jy regtig ’n vry mens en iemand vir wie die pad saam met Hom vorentoe oop lê.

        Met ander woorde die regte verhouding met God begin deur te erken dat jy gesondig het. Dan volg ’n nederige belydenis van jou sonde voor God (Jesaja 57:15) en ’n vasberadenheid om nie weer te sondig nie. “As jy dit glo, spreek God jou vry van al jou sondes. En as jy dit met jou mond bely, word jy verlos” (Romeine 10:10). Maar weer eens wat belangrik is , is die feit dat ek nie net my sondes maar sommer net met so ’n vae, algemene, niksseggende belydenis moet doen nie en dat ek ‘n vasberadenheid moet hê om nie weer te sondig nie!
        Romeine 3:25-26: Hom het God gegee as offer wat deur sy bloed versoening bewerk het vir dié wat glo. Hierdeur het God getoon wat sy vryspraak behels: Hy het die sondes wat Hy voorheen in sy verdraagsaamheid tydelik ongestraf laat bly het, vergewe. Maar Hy het ook getoon wat sy vryspraak in die teenswoordige tyd behels: Hy oordeel regverdig deurdat Hy elkeen vryspreek wat in Jesus glo.
        27: Het ons nou iets uit onsself om op te roem? Nee, dit is uitgesluit. Deur watter wet? Dié van die werke? Nee, deur dié van die geloof.
        28: Ons betoog is tog dat ‘n mens vrygespreek word omdat hy glo, nie omdat hy die wet onderhou nie.
        Die bybel se ook ons mag nie oordeel nie maar as kerksraads lid het ek ‘n plig teenoor die gemeente en die kerk om sondes uit te wys en dit aan te spreek, en nie die sondaar te veroordeel of stenig nie. Paulus sê immers in 1 Korintiërs 5: 1-13: Dit is ons plig om verantwoordbaar aan mekaar te wees. As ons sien dat iemand struikel moet ons hom aanspreek in liefde, hom help en ondersteun. Indien die persoon nie gehoor wil gee nie lewer hom dan liewer aan Satan oor – God sal oor hom oordeel.
        Net soos Geoff en Eileen Stenekamp ’n boek geskryf het met die titel: Homoseksualiteit – ’n studie deur die ouers van ’n gay seun. Wat sê die wetenskap? Wat sê die Bybel? In die boek probeer hulle mense wys maak dat homoseksuele gedrag algemeen onder diere voorkom. Vir Eileen was dit openbarend dat homoseksualiteit, nes Downsindroom, ’n afwyking van chromosoom X kan wees. Hoe op aarde kan jy gay met down-sindroom vergelyk. Homoseksualiteit is nie ‘n gestremdheid! Dit verhoog die wanpersepsie van homoseksualiteit as ‘n siektetoestand, soos destyds uit die mediese wêreld gekom het, om dit as’ n toestand te onderskryf! En ook dan weer verkeerd bewys is! En soos ek alreeds gesê het, is daar in die genetika nog nooit homoseksuele gene in enige mens gekry nie. Dit is aangeleerde gedrag.

  6. Ek is so bly. Viva Dr Andre Bartlett. Waar daar liefde is en deernis, daar is God die Heer. Nou vir die volgende stap en dit is gay huwelike in die kerk… Vir gays wat nog hoegenaamd omgee oor die kerk. Bless their dear heart. Ek het al lankal van die kerk wegbeweeg en gee nie meer om oor hul opinies nie. Tog is dit verblydend. It is known.. It is written.. The times they are achanging.. Oh yeah. And all for the better.

  7. Willem het waarskynlik nog nooit ‘n NORMALE vriendskap met ‘n ander man gehad nie, daarom dat hy Dawid se beskrywing van sy vriendskap met Jonathan, verdraai om hom te pas.
    Ek is geskok oor die mate waartoe satan ons kerkleiers kan beinvloed. Het niemand in die sinode nog ooit gehoor van die woord: SELIBAAT nie?

    • Where did many leaders in the Roman Catholic Church end up because of enforced celibacy? Us heterosexual people have no idea of the struggles people are facing who did not choose to be homosexual.

    • Marianne, ek hoop God gaan jou ook die lig laat sien. Hoe kan jy ‘n hele sinode van kerkleiers veroordeel hieroor! Hulle ken die Bybel en weet hoe akkuraat die vertalings is. MISKIEN IS HULLE DEUR DIE HEILIGE GEES GELEI IS OM DIE BESLUIT TE MAAK. Oppas dat jou woorde nie n oordeel is nie. Jesus het baie gese oor hoogmoed, maar oor gay mense het hy niks gese nie. Dink bietjie

  8. Institusies met konstitusies en lidmate het die volste reg om demokratiese besluite te neem.n Organisme met Ledemate soos die Kerk (enkelvoud) van Christus volg die instruksies van die. Bestudèer asb die wyse waarop n liggaam funksioneer. Gelowiges is deur EEN Gees gedoop tot EEN liggaam. God wat liefde is het nie die engele wat gesondig het nie gespaar nie ook nie die ou wereld ook nie Sodom en Gomorrah. God wat liefde is het self Sy Seun wat sonde vir ons geword het nie gespaar nie.

  9. Die arme, arme kerk. Hy het die vermoë verloor om die liefde van God op die Bybelse manier te demonstreer en toe maar die maklike weg gekies, sy hande in onskuld gewas en die onus verplaas na die plaaslike gemeente. Wat ‘n tragedie dat die wat veronderstel is om te sê: “So sê die Here” die maklike weg kies in plaas van die weg van die kruis. Geen wonder ons sit met ‘n geslag wat nie meer in die kerk belangstel nie! Ek hoop dat hierdie besluit ook impliseer dat die gemeente wat die weg van die kruis kies, toegelaat sal word om onafhanklikheid te soek met eiendom en al.
    Laastens: He that stands for nothing falls for everything
    Anakainoo.ct@gmail.com

  10. The NG Kerk was known in the past as a very conservative and strict ‘church’organisation.Today as a result of their same sex approval,they are known as an embarrassment to the faith of Jesus our Lord and Saviour.My encouragement to the TRUE believers of Christ in that ‘church’the NG Kerk is to ‘come out of her,my people,that you not be partakers of her sins,and that you receive not of her plagues’ Rev 18:4 ‘Babylon the great is fallen,fallen and is become the habitation of devils,and the hold of every foul spirit…’Rev 18:2.Daniel the prophet says in the Last days sin shall increase,Matthew says the love of many shall wax cold,Isaiah says in the last days the right (of God) shall become wrong and the wrong (of Satan) shall become right.So now we know for who the NG Kerk stands for.A Great Apostate Church.

    • ALL OF THIS IS HEARTBREAKING. We dont seem to believe that Jesus can deliver us from anything.
      I greatful to know that the body of christ is not one church and we can believe HIS word and not the word of man.

  11. WAT SÊ DIE BYBEL

    1. IS GAY SONDE
    Lev_20:13 En as ‘n man met ‘n manspersoon gemeenskap het soos ‘n mens met ‘n vrou het, het hulle altwee iets gruweliks gedoen. Hulle moet sekerlik gedood word. Hulle bloedskuld is op hulle.
    Lev_18:22 Met ‘n manspersoon mag jy ook geen gemeenskap hê soos ‘n mens met ‘n vrou het nie. Dit is ‘n gruwel.
    Rom 1:27 en net so het ook die manne die natuurlike verkeer met die vrou laat vaar en in hulle wellus teenoor mekaar ontbrand: manne het met manne skandelikheid bedrywe en in hulleself die noodwendige vergelding van hulle dwaling ontvang.
    Volgens die verse is gay wees en die bedryf daarvan ‘n sonde! Net so ‘n moordenaar en straatvrou. Daar is vele verse in die Bybel om dit te bewys.

    2. WAT IS TROU
    Deu_24:1 As ‘n man ‘n vrou neem en met haar trou,
    Exo_21:3 As hy alleen kom, moet hy alleen vrygelaat word; as hy getroud is, moet sy vrou saam met hom vrygelaat word.
    ‘n Verbintenis tussen n man en vrou, nie man en man nie!

    3. MOET HIERDIE SONDAAR IN DIE KERK WEES-LANGS MY IN DIE BANK SIT
    Luk_19:10 Want die Seun van die mens het gekom om te soek en te red wat verlore was.
    1Ti_1:15 Dit is ‘n betroubare woord en werd om ten volle aangeneem te word, dat Christus Jesus in die wêreld gekom het om sondaars te red, van wie ek die vernaamste is.
    JA. Die kerk is daar vir sondaars en om die word van GOD te verkondig. Vir enige iemand!

    4. WAT MOET DIE SONDAAR DOEN
    Jas_1:21 Daarom, doen afstand van alle vuiligheid en oorvloed van boosheid, en ontvang met sagmoedigheid die ingeplante woord, wat in staat is om julle siele te red.
    Lev 18:30 Daarom moet julle my ordening onderhou om niks te doen van die gruwelike insettinge wat voor julle gedoen is nie, dat julle jul nie daardeur verontreinig nie. Ek is die HERE julle God.
    Lev 18:26 Maar júlle moet my insettinge en my verordeninge onderhou en niks van al hierdie gruwels doen nie die kind van die land of die vreemdeling wat onder julle vertoef.
    Elkeen moet hom bekeer van sy sondige dade!

    5. WAT MOET DIE GEMEENTE DOEN
    Mat 18:17 En as hy na hulle nie luister nie, sê dit aan die gemeente; en as hy na die gemeente ook nie luister nie, laat hom vir jou wees soos die heiden en die tollenaar.
    1Co 5:11 maar nou skryf ek aan julle om nie om te gaan met iemand wat, al staan hy as ‘n broeder bekend, ‘n hoereerder is of ‘n gierigaard of ‘n afgodedienaar of ‘n kwaadspreker of ‘n dronkaard of ‘n rower nie; met so iemand moet julle selfs nie saam eet nie.
    Exo_23:33 Hulle mag in jou land nie woon nie, dat hulle jou nie verlei om teen My te sondig nie. Want jy sal hulle gode dien, ja, dit sal vir jou ‘n strik wees.
    Eze_3:21 Maar as jy die regverdige waarsku, dat die regverdige nie moet sondig nie, en hy sondig nie, dan sal hy sekerlik lewe, omdat hy hom laat waarsku het; en jy het jou siel gered.
    Die gemeente moet hierdie persone met ope arms ontvang in liefde en hulle onderrig oor wat die Bybel sê. As hierdie persone hulle nie bekeer nie moet die rug op hulle gedraai word.

    6. DIE BYBEL WAARSKU ONS TEEN VALS LERAARS
    1Ti 1:10 hoereerders, sodomiete, mensediewe, leuenaars, meinediges en wat daar anders met die gesonde leer in stryd is,
    Jer_14:14 En die HERE het vir my gesê: Die profete profeteer vals in my Naam; Ek het hulle nie gestuur en hulle geen bevel gegee en met hulle nie gespreek nie; hulle profeteer vir julle ‘n leuengesig en nietige waarsêery en bedrieëry van hulle hart.
    Lees en ken jou Bybel om te weet wanneer GOD se boodskap verkondig word en wanneer valsheid verkondig word, al word dit dan van binne die kerk gedoen.

    7. WAT SAL GOD MAAK
    Lev 18:25 So het die land dan onrein geword; en Ek besoek sy ongeregtigheid daaraan, sodat die land sy inwoners uitspuug.
    Eze 16:50 En toe hulle hoogmoedig was en gruwelikheid voor my aangesig bedryf het, het Ek, toe Ek dit sien, hulle weggeruim.
    Rev 2:23 En haar kinders sal Ek sekerlik doodmaak, en al die gemeentes sal weet dat dit Ek is wat niere en harte deursoek, en Ek sal aan elkeen van julle gee volgens sy werke.
    GOD sal elkeen straf vir sy oortreding (die wat volhard in sonde) en GOD sal elkeen straf wat sy gemeente mislei (verkondig vals leering en lering wat nie in die Bybel is nie)

    PS. As u die gedeelte lees, lees alles in geheel en moet nie net een punt uithaal nie. Is die besluit van die wêreld om gay as normaal te wees GOD se besluit. AS die wêreld dit aanvaar, moet die BYBEL verander word om aan te pas by die wêreld? Ek is seker enige iemand kan maklik die vraag beantwoord. Omdat moord so hoog is in SA is moet die gebod “jy mag nie doodmaak nie” uit die Bybel verwyder word of aangepas word met “jy mag doodmaak”?

    Is die doel/werk van die sinode om te beplan en uit te voer hoe die woord van GOD versprei moet word, hoe om te voorsiuen vir die armes ens, OF om te bepaal watter liedjies moet gesing word, moet vrouens ‘n hoed dra, moet mans ‘n kerkpak dra ens. Mag die sinode opdrag gee dat vals leringe en leraars uit die kerk verkondig word. Beslis nie, want dan is hulle teenstrydig met wat GOD sê.

    ‘n Geredde sondaar mag die woord van GOD verkondig. Saulus/Paulus wat Christine vervolg en doodgemaak het is die grootste voorbeeld hiervan.

    Wanneer ‘n sondaar volhard in sonde, dit bely en weer sonde pleeg en GOD se woord probeer verkondig is hy vals. Hy het nie die GEES van GOD in hom nie. So iemand mag nie in die kerk van GOD die woord verkondig nie. So ‘n geredde gay wat sy gay wees bely, en ophou daarmee is welkom in die kerk van GOD, en as die GEES van GOD op hom is kan hy die boodskap van GOD verkondig in die kerk.

    Net so die moordenaar en die straatvrou. As die moordenaar in die kerk is en die mense bly doodmaak en die straatvrou bly mans verlei, moet ons sê dit is hulle sondige natuur. Hoe kan hierdie mense van die kansel af GOD se woord verkondig en aanhou sonde doen. Verwag julle van die gay om aanhou gay te wees en GOD se woord te verkondig?

    • Leviticus 18:22 and 20:13 condemns male homos sexual behavior, but appears to refer only to temple prostitution. Even if it did refer to homosexual relationships, it would not be applicable to Christians today, any more than the passages that surround these verses, which form the Jewish Holiness Code
      Step 1: What did Jesus say about Homosexuality?
      In a word: nothing. He is recorded as having given hundreds of instructions covering behavior and thought; but none of these dealt with homosexuality. Jesus concentrated on a person’s interactions with God and his fellow humans. He did tell the woman who committed adultery to go and sin no more. But that was the only time he is known to have commented on sexual morality. Jesus may have felt that homosexuality was not a matter worth commenting upon.
      Step 2: Understanding the Hebrew Scriptures
      There are many places in the Hebrew Scriptures (Old Testament) that have been traditionally interpreted as condemning homosexuality. It is important that we go past modern day translations like the King James Version, and determine what the original authors wrote. In their eagerness to condemn homosexuals, the translators and interpreters of the Bible often introduced an anti-homosexual slant. A careful analysis of the original texts reveals a different story

  12. Die NG kerk het die grondbeginsels van sy formuliere veruil vir ń New Age siening en so die Skrifgesag van die Bybel verkrag. Baie geluk aan André, Julian, Sakkie en Kie. Julle probeer mos nou al lankal en het nou ń skare leraars saam met julle gesleep, hopelik genoeg om julle eie New Age kerk te begin. Ongelukkig het julle nie die guts daarvoor nie, daarom sal julle binne die bestaande kerk voortgaan met julle bose werk net om vir eers julle pensione te beskerm. Die ewigheid vir ń pot lensiesop?

  13. In my opinion, the question we should ask one another in the church is: do you accept Jesus Christ as Lord and Saviour? If a person does that, she/he is accountable to their Lord and Saviour for the choices they make in life. Who are we to lord over them or to judge them?

  14. What a cop-out! Allow homosexual ministers, but
    leave it to individual congregations…..
    As Paul wrote to Timothy; “In those days they will raise up preacher to tickle their ears.”
    And, as Jesus said, they make Gods’ word void, teaching the commandments of man…

  15. Reginald and who are the church to make commitments on behalf of the Lord?

  16. willem ek was nie daar nie! Maar jy weet ook nie wat ek weet nie! My GOD het nie gay mense geskape nie, en die Heilige Gees glo ek was ook nie hier betrokke nie!

  17. verby is die dae (hopelik) dat mense in kerkbanke (met hul eie name daarop gegrafeer)sit en net kom om te ontvang. vetter en vetter en vetter te raak. En wanneer hulle kinders hulle oor belangrike aspekte vrae wat some saligheidsperspektiewe insluit, geen ander verwysing het as bloot na ‘n bylae van ‘n koerant te verwys nie. soveel vir die nakoming van doopbeloftes. mag hierdie gesprek daarvoor sorg dat mense sal opstaan en se, nie veroordeel nie maar in liefde standpunt inneem teen ook egskeidings, lieg, skinder, flirting, eersig ens. seksuele onreinheid grief ons Here, so ook versetlike sonde soos hierbo. eer Jesus vir Sy liefdesdaad aan die kruis, draai beslis weg van grom wee, vra na Jesus se wil in jou lewe en volg Hom met ‘n passie…. ek is nie gay en sien uit na my Heer se koms. kom ons bid en vat hande en wees Jesus ambassadeurs…ook vri hulle wie ons ken wie gay is.