NG Kerk sê oor gays — 2015 besluit van die baan

cross-and-flag

Oorspronklik in Maroela Media gepubliseer 

Die besluit van die NG Kerk se buitengewone algemene sinode waar die gay kwessie weer onder die loep gekom het, is bekendgemaak.

Die algemene sinode het herbevestig “dat die huwelik deur God ingestel is as ʼn heilige en lewenslange verbintenis tussen een man en een vrou en dat enige seksuele gemeenskap (dade) buite so ʼn vaste formele huweliksverbintenis nie aan Christelike riglyne voldoen nie, maar erken die realiteit dat daar lidmate van dieselfde geslag in burgerlike verbintenisse is wat getuig van liefde en trou”.

Volgens die e-Kerkbode “is daar geen ruimte meer dat predikante van die NG Kerk toegelaat kan word om gay verbintenisse te bevestig nie”. Die algemene sinode het rakende gays in leierskapposisies in die kerk gesê kerkrade behou die reg om self te besluit wie in die posisies mag dien en kan nie “verplig word om enige persoon wat in ʼn selfdegeslag- burgerlike verbintenis is, in diens te neem nie”.

Daar is wel gesê dat enige persoon wat die genade van die Here deelagtig is en Jesus Christus as Here bely, ongeag seksuele oriëntasie, ʼn volwaardige lidmaat van die kerk is en as sodanig as ongesensuurde lidmaat volle toegang het tot al die ampte in die kerk. “Die algemene sinode beklemtoon dat geen mens minderwaardig behandel mag word nie, maar inteendeel dat met respek en liefde teenoor alle mense opgetree moet word. Ons erken die gelykwaardigheid van alle mense ongeag seksuele oriëntasie en verbind onsself opnuut tot die bevordering van die Godgegewe waardigheid van alle mense.

- Advertisement -

Die algemene sinode het alle lidmate en ampsdraers versoek “om, ongeag seksuele oriëntasie, mekaar met die liefde van Christus te aanvaar”. Volgens die sinode is die besluit om die saak van selfdegeslagverhoudings met groot omsigtigheid benader.

Click to join movement

Die algemene sinode het verlede jaar besluit gay mense mag wél in die kerk trou. Die sinodebesluit is egter kort ná die sinode voorlopig tersyde gestel toe verskeie lidmate daarteen appèl aangeteken het. Tydens ʼn onlangse vergadering van die moderamen van die algemene sinode (ASM) is die besluit egter herroep en het die 2015-besluit weer gegeld voordat dit Maandag weer van die baan was en Donderdag finaal laat vaar is.

3 Comments

  1. Ek herhinner my ‘n paar jaar gelede toe die dominee van ons gemeente so versigtig was om sterk standpunt in te neem vir vrees dat die konserwatiewe gemeente sou kapsie maak. Hier gebeur dit nou ook – die sinode laat hulle deur die lidmate van die kerk aan die neus rondlei. Die grysaards op die sinode is veronderstel om die Bybel en ander geskrifte, en hulle interpretasie te ken. Hulle is veronderstel om die dogma van die NG kerk te bepaal, nie die lidmate wat dink hulle ken die Bybel nie. Dit lyk vir my net soos die dekades lange geredekawel in die eeue na Christus se dood oor allerhande issues rondom Christenskap, terwyl dit nie die issues is wat die mens se redding bewerk nie, maar die mens se hart. Word wakker NG kerk (nou praat ek met die mense). Julle veroordeel mense oor hulle seksuele orientasie en in die proses doen julle onberekenbare skade. Ek het self gevalle gesien waar dit mense na die okkulte gedryf het. Wil jy die rede wees hoekom ‘n siel verlore gaan?! Word asb wakker!!

  2. Ek begryp ook nie hoekom daar so,n probleem is rakende die verkeerd of reg van die gaykwessie nie as dit duidelik in die skrif uitgespel word dat God dit as verkeerd beskou.

  3. Het “ons” dan almal vergeet? of nooit begryp,of nie die “stukkie” geskiedenis geglo nie?? Sodom en Gommora…Tog vreemd dat nou,, juis in hierdie eind tye alle reg so verdraai word ,, maar ook dit, staan in Gods woord…