Nuwe Paasfees lied word vrygestel deur gospel kunstenaar, Adriaan

‘n Nuwe lied, BY DIE KRUIS, word betyds vir Paasfees vrygestel deur die gospel kunstenaar, Adriaan. Brettian Productions Platemaatskappy het vir Gateway News ‘n voorsmaakie van Adriaan se vollengte album gestuur. Die album, Sterre Diamant, sal in Mei 2012 op die rakke verskyn. Die lied is vars en eerlik en dit gaan oor dat elkeen van ons die spykers in Jesus se hande ingeslaan het met ons oortredinge, en dat sonder die kruis daar geen vergifnis of hoop vir ons is nie, sê Brettian in ‘n persverklaring.

Adriaan is die nuutste kunstenaar wat by Brettian geteken het en sê Adriaan: “Ek is geseёnd om by die platemaatskappy ‘n kans te kry om my grootste droom ‘n werklikheid te maak. Ek glo dat my musiek die bedienning is waarvoor die Here my geroep het.”

Daar is uitstaande musikante wat op hierdie projek gewerk het en sluit in broers Jake en Thinus Odendaal (wat saam met kunstenaars soos Joe Niemand, John Ellis en Elvis Blue gewerk het), Danny Antill en solo kunstenaar, Sumari.

- Advertisement -

Adriaan is tans die lof-en-aanbiddings leier by die AGS Brakpan gemeente en sê Adriaan: “Ek aanbid Hom en lei ander in aanbidding deur musiek en sang, ‘n talent wat my Hemelse Pa my gegee het. Wanneer ek optree is dit as bediennaar en gee ek nie net ‘n “show” nie.

Jy kan na BY DIE KRUIS hier luister.

Click to join movement

- Advertisement -

Comments are closed.