Suid-Afrika kan tot drie van sy 12 openbare vakansiedae verloor.

Via Grens Pos Nr. 15 2 Mei 2013 — Originally published in Beeld.com

Ongelukkigheid en klagtes uit vele oorde, onder meer die sakesektor en verskeie godsdiensgroepe, oor die bestaande vakansiedae, het gelei tot ’n ondersoek deur die Kommissie vir die Bevordering en Beskerming van die Regte van Kultuur-, Godsdiens- en Taalgemeenskappe.

Die Sunday Times het gister berig die taakspan het reeds ’n verslag met aanbevelings by pres. Jacob Zuma se kantoor ingedien.

- Advertisement -

Van die voorstelle sluit in om die gebruik te skrap dat die Maandag ’n vakansiedag word wanneer ’n vakansiedag op die Sondag val. Ook om sommige vakansiedae net halfdae-vakansiedae te maak en om Versoeningsdag (16 Desember), Welwillendheidsdag (26 Desember) en Gesinsdag (die eerste Maandag ná Paasfees) te skrap.
Werkersdag (1 Mei) en Vrouedag (9 Augustus) is ook in die gedrang.

- Advertisement -

Die kommissie het verlede jaar begin met ’n ondersoek na die vakansiedae nadat klagtes ontvang is dat die Suid-Afrikaanse kalender teen sekere godsdienste diskrimineer.

Daar is in die huidige kalender byvoorbeeld geen erkenning van dae vir die Moslem- en Joodse geloof nie.

Die kommissie se taakspan het openbare verhore in al nege provinsies gehou en het ook aanbeveel vakansiedae wat onveranderd moet bly, is Kersdag (25 Desember), Menseregtedag (21 Maart), Goeie Vrydag (vanjaar op 29 Maart), Vryheidsdag (27 April), Jeugdag (16 Junie), asook Nuwejaarsdag (1 Januarie).

- Advertisement -

One Comment

  1. HALLELUJA! Skaf almal af en wanneer iemand iets wil bywoon laat die persoon verlof insit. Meeste sogenaamde Christelike Vakansidae het in elk geval `n heidense oorsprong.