Tempo toekenning vir Louis Brittz se Psalms 2 album

psalms2Gospelsanger en skrywer Louis Brittz se Psalms 2 album het die Tempo toekenning vir die Beste Gospel Album by die jaarlikse Huisgenoot Tempo toekennings hierdie week in Gold Reef City gewen,  sê Merchant Musiek in ‘n mediavrystelling.

Ander Merchant genomineerde albums in dieselfde kategorie was die Duis:Lig album deur KrissTel en Hennie Maritz en Retief Burger se Luidkeels Dieper album.

Nadat Brittz se Psalms (2011) album goue status bereik het, het hy baie navrae gekry oor wanneer die opvolg album uitkom aangesien daar nog so baie Psalms is wat getoonset kan word! So is Psalms 2 vrygestel einde Augustus 2012 wat bestaan uit 12 snitte (Psalm 30, 148, 84, 119, 8, 136, 61, 130, 16, 23, 104, 40) en wat deur Louis en sewe ander liedjieskrywers saamgestel is,  sê Merchant.

Brittz het die volgende te sê gehad: “Dit is ‘n voorreg om God se Woord te kan toonset, aangesien – veral die Psalms – se lirieke so inspirerend is! Die musiek van die Psalms het mettertyd verdwyn, maar dit is ryk, poëtiese woorde wat God se lof van verskeie hoeke af besing. Baie dankie Huisgenoot vir hierdie wonderlike toekenning!” Brittz het ook die media bedank vir die wonderlike blootstelling wat hulle gee vir gospel musiek in Suid-Afrika.

- Advertisement -

Kyk na die Psalms 2 promosie video:

Kyk na die musiekvideo van Psalm 30 Feeskleere:

- Advertisement -

Click to join movement

 

Comments are closed.