Van verlore asgat tot plek van hoop

Kinders speel saam om die asgat.
 A heartwarming story of reaching out in faith and love

[notice] This story is fittingly written in English and Afrikaans. It began when some women in St Margaret’s Anglican Church in PE knitted scarves and beanies for needy people in the Karoo town of Middelburg. We reported on the next chapter in wintry June when some Middelburg Christians delivered the gifts to people who live and make bricks in a shack area known as ‘Die Asgat’. We pick up the story again at the amazing ‘asgatbraai’. RUTHI VAN DER MERWE  reports:[/notice]

Nootvassel is een van Middelburg Family Church, wat gelei word deur Dave en Margi Turner, se selgroepe wat uit vier families bestaan. Frikkie en Misa Visser, Chatty en Sarie Lindsay, Donovan en Madelein Hall en Izak en Ruthi van der Merwe. Na ‘n Sondagpreek wat gehandel het oor of jou kerk ‘n verskil maak in die gemeenskap en indien jou kerk om een of ander rede sou onttrek, sou daar ‘n leemte wees?, het ons bymekaargekom en vir mekaar dieselfde vraag afgevra. Maak ons ‘n verskil? Ons het tot ‘n besef gekom dat ons sel graag ‘n hand wil uitsteek na iemand. Nadat ons na die foto’s gekyk het van hoe daar serpe wat deur die St Margaret Anglikaanse kerk gehekel is aan die asgatgemeenskap uitgedeel is, het ons besluit om ‘n braai by die asgat te hou.

Dit het op ons hart gelê om dit anders te doen as wat mens gewoonlik doen waar kos neergesit en weggery word. Ons het besluit om ‘n braai te hou en hulle te bederf en die dag saam te geniet. Min het ons geweet dat ‘n eenvoudige braai vir ‘n klein groepie mense sou groei in iets baie spesiaals.

- Advertisement -

Du Mondt worshipteam bo-op Die Jesus Lorrie by die asgatbraai.

Ons het vir ‘n vriend van ons, Jurie van Rooyen (Hy en sy span, beter bekend as Du Mondt, het die Guts4Glory worship in Oos-London gelei) van die projek vertel en het hy onmiddelik aangebied om die worship te lei tydens die braai. Nou het ons ‘n ordentlike klanksisteem nodig gehad sowel as een of ander platform waarop hulle musiek kon maak. Aangesien ons nie ‘n klanksisteem kon kry nie, moes ons noodgedwonge ons eie klanksisteem aanskaf. Een van die sel lede het aangebied om ‘n volledige sisteem aan te skaf wat ons in die toekoms kan gebruik vir uitreikings. Ons het egter nog kopgekrap oor ‘n platform wat as ‘n ‘stage’ kon dien.

- Advertisement -

Een oggend vroeg het Izak my wakker gemaak met die volgende woorde: “Ons gaan ‘n Lorrie koop!” — “WAAAAT???”  het ek uitgeroep en begin lag. Hy het dit vir my beskryf as ‘n Oranje lorrie waarop staan DIE JESUS LORRIE. Ek het maar net gelag en gedink my man sal wel weer tot sy sinne kom, want buiten dat ons dit nie kan bekostig nie weet ek nie van ‘n lorrie wat te koop is nie.

Izak het dadelik opgespring en vir Chatty Lindsay gebel oor die lorrie idee. Skielik het Chatty vir Izak gevra wat die lorrie se kleur gaan wees. “Ag ek weet nie enige kleur: Rooi, grys?”

Die asgat ondergaan ‘n metamorfose – Die plek van HOOP!

Chatty het rustig vir Izak gevra, is dit nie dalk oranje nie?! Izak het doodstil geraak en so ook ek. Ons het nou geweet ons gaan die lorrie moet aankoop met geen fondse nie!

- Advertisement -

Die persoon aan wie die lorrie (‘n Thames Trader 1965) behoort het is ook vir Izak uitgewys — Hardus Botha en hy het hom genader, . Hy het ingestem om hom te verkoop vir R 9 000.00. Ons het R 6 000.00 kontant gekort . Ek het gewonder wat ons gaan doen en Izak het bly glo ons sal die geld gereed hê. Dit was alreeds Vrydag en moes ons die geld Maandag neersit. Nog steeds met geen fondse nie!

Die naweek het ons ‘n bemarkingswerkswinkel gehou vir Karoo Mighty Men wat in 2013 plaasvind en was een van ons vriende, Robert Wilke (Central Signs, Bloemfontein) ook teenwoordig. Toevallig sien hy ‘n kleinerige bootjie in ons agterwerf raak en vra of ons nie die boot wil verkoop nie! Maandagoggend is die R 6 000.00 vir die lorrie inbetaal. Presies op tyd.

Oom Herby Newton en Brandon ‘n student van Grootfontein Landboukollege.

‘n Gewone braai het nou ontaard in ‘n uitreiking met ‘n Jesus Lorrie, stage en worshipteam. Waar ons aanvanklik 1 skaap sou slag is daar op die sel se hart gedruk dat daar 3 skape geslag moes word vir 150 persone. Later is dit op ons hart gelê dat die skaapgetal verander moet word na 4 skape. Wat so spesiaal is is dat die 4 skape se gewig, nadat dit uitgeslag is en die gedeeltes wat geskik is vir braaivleis eenkant gesit is, presies die gewig van 3 skape was!

Hendrik Spiers (links) een van die Steenoond eienaars en Dave Turner pastoor van Middelburg Family Church.

Waar ons almal geskarrel het om alles betyds gereed te kry, het Jurie en sy span geskarrel om hulle musiek gereed te kry. Hulle het geweet hulle moes nuwe liedjies spesifiek vir die Asgatbraai skryf en het tot laatnag gewerk om nie net nuwe liedjies te skryf nie, maar ook om nog die liedjies ingeoefen te kry. Vrydag het die span in Middelburg gearriveer met die volgende boodskap wat ons na aan die hart lê:
Joy beyond measure
Ignite a passion
Hope beyond the superficial
Relationship with Jesus
Enthusiasm to dream
JEHOVA JIREH……… God our Provider

Boetman een van die steenoond eienaars geniet ‘n heerlike middagete.

Sondagoggend was ons almal gereed vir die braai. So bietjie onseker oor wat om te verwag. Die wind het geweldig gewaai. Die normale grys lug van permanente vure in die asgat het plek gemaak vir ‘n helder reuklose omgewing. Aanvanklik was daar net 3 dwalende kinders wat nuuskierig nader gestaan het om die voertuie wat skielik daar gestop het van nader te besigtig. Nadat Jurie en sy span begin musiekmaak, het die groep vermeerder na 180 mense! My seun Christian het begin foto’s neem. Wat hy vasgevang het, het my laat stil raak.
Die Asgat is voor ons oë getransformeer na ‘n plek van HOOP. Wat ons beleef het was ‘n uitbundige vreugde! ‘n Vreugde wat ek nog nooit beleef het nie. Van klein kindertjies wat skaars kon loop tot by oom Herby en tannie Brenda wat al 84 jaar agter hulle rug het!

Bertus Deysel van Emmanuel Kinderhuis met twee van die asgatkinders.

Nootvas sel poog nou om voor Kersfees ou klere bymekaar te maak, Bybels aan te koop en terug te gaan na die plek van HOOP. Indien enige iemand skenkings wil maak kan hulle ons gerus skakel Izak en Ruthi van der Merwe. 049 8423310 / 0828577839. E-pos: middelburg@seeff.com

 

2 Comments

  1. Dit was fantasties lekker om kerk te WEES!

    Kan nie wag vir die 16de Desember nie!
    Sien julle daar.

  2. Ek wens Kaapstad was nader aan Middelburg, dan het ek die Vito en sleepwa gepak en vir julle klere gebring!! So wonderlik om te weet daar is nog mense wat ‘n liefde vir hul medemens het en ‘n verskil wil maak in hul lewens. Voorspoed met jul taak, dalk sien ons mekaar volgende jaar.