Bybel-Media veteraan sit sy kamera weg

Ds Peet Neethling

Deur Jean Oosthuizen — van GrensPos

Wellington – Ds Peet Neethling het verlede maand ná byna drie dekades in diens van Bybel-Media en letterlik honderde videoprogramme sy kamera se lens toegemaak om op Gansbaai te gaan aftree.

Ds Neethling is ’n man van klank en beeld met die groot liefde om die evangelie nie net in woorde te versprei nie. Sy kennis van die filmmedium het hy grootliks by die SAUK opgedoen toe hy ná skool vir tien jaar by die openbare uitsaaier se uitsaai-afdeling gewerk het voordat hy sy teologiese studie aan die Teologiese Kweekskool op Stellenbosch voltooi het.

Dit was egter agter die kamera se lens waar hy op sy gelukkigste was en hy het nooit geskroom om tot laatnag te werk nie. Hy moes dikwels akteurs met weinig of geen ervaring oplei of afrond vir die verfilming van een van sy talle programme. Kollegas onthou hom met ’n draaiboek in die hand.

- Advertisement -

Hy is in 1986 as bestuurshoof na Mema-Media (MM) beroep en het hom in Bloemfontein se Sendingpersgebou waar MM se kantoor destyds gehuisves is, gevestig. Drie jaar later verhuis hy en sy gesin na Pretoria en nog drie jaar later vertrek hulle na Wellington in die Boland waar die samevoeging van Bybelkor en Mema-Media tot die vestiging van Bybel-Media gelei het.

Onder die baie projekte wat deur ds Neethling bestuur is, tel ’n stuk of 700 videoprogramme wat inligting, opleiding, oorklanking, musiek en interaktiewe CD’s insluit. Van die oorklankingsprojekte onder sy leiding sluit in Die verhaal van Jesus volgens Matteus, Brakkers van Kammaland en ’n projek in vyf tale saam met Bruce Wilkinson.

Uitsaaiprogramme waarby hy betrokke was, sluit in ateljeeproduksies in samewerking met Radiokansel, SABC 2, Kyknet (26 episodes van In Pas) en verskeie dokumentêre insetsels vir die SABC oor sendingwerk in Suid-Amerika, Europa en Afrika.

- Advertisement -

Click to join movement

Benewens navorsing en die skryf van draaiboeke het ds Neethling ook kamera- en klankproduksies soos Kruispad (agt tale), Maestro in Poppeland, Akkerpret in Bybelpark, die Lig op-, Rimpel- en Imago-reeks en verskeie projekte vir kerklike diensgroepe op sy kerfstok.

Comments are closed.