Fisikus en kerkman sterf op 89

LOUWALBERTS

Oorspronklik gepubliseer in Beeld

Die bekende wetenskaplike en kerkman dr. Louw Alberts (89) is gister in Pretoria dood.

- Advertisement -

Alberts was ’n fiskus en onder meer professor aan die Universiteit van die Vrystaat en die destydse Randse Afrikaanse Universiteit, visepresident van die Raad vir Atoomkrag, direkteur-generaal van mineraal- en energiesake, en voorsitter van die WNNR.

- Advertisement -

Hy was ook ’n leier in kerklike kringe, onder meer as medevoorsitter van die Rustenburgse Kerkeberaad in 1990.

Alberts was onlangs in die hospitaal weens bloeding op die brein en hartprobleme. Sy seun, dr. Albert Alberts, het gister gesê hy was die laaste dag in ’n koma en is uiteindelik dood weens hartprobleme.
Begrafnisreëlings moet nog getref word.

Comments are closed.