Bybels vir slagoffers van Tifoon Haiyan

typhoonOorspronklik gepubliseer in Kerkbode

Die Filippynse Bybelgenootskap wil deur middel van die “God is ons toevlug-projek” so gou moontlik 250 000 Bybelgedeeltes, 20 000 Bybelse strokiesprente en 20 000 volledige Bybels onder tifoonslagoffers versprei. Dit kom nadat die ergste tifoon in die geskiedenis onlangs die dood van meer as 10 000 mense en die ontworteling van sowat 1,8 miljoen van die Filippynse Eilande veroorsaak het.

R1 293 750 word benodig vir dié Bybelprodukte om in die dringende geestelike behoeftes van hierdie mense te voorsien. Nora Lucero, hoofsekretaris van die Filippynse Bybelgenootskap, skryf: “As ’n nasie is ons verpletter. Ons het nog nie eens herstel van die aardbewing wat ons in Oktober getref het nie – en nou hierdie verwoestende storm. “Ons vra dat Christene in die res van die wêreld asseblief vir ons sal bid. Ons weet ook dat so baie mense in die dele wat deur hierdie tifoon verwoes is, ook geestelike krag benodig. Hulle moet hoor dat God ook vir hulle ’n toevlug en beskerming is.”

- Advertisement -

“Hier by die Bybelgenootskap van Suid-Afrika staan ons verslae oor die omvang van hierdie ramp. Ons hart gaan uit na almal wat geliefdes verloor het of wat nog na vermistes soek, en ook na die duisende mense wat al hulle besittings verloor het en wat weer hulle lewe moet herbou,” sê ds Gerrit Kritzinger, uitvoerende hoof van die Bybelgenootskap van Suid-Afrika.

- Advertisement -

“Ons doen ’n beroep op Suid-Afrikaners om te help sodat daar ook in die Bybelbehoeftes van hierdie mense voorsien kan word,” sê Kritzinger.

– Besoek www.bybelgenootskap.co.za en klik op God is ons toevlug of kontak biblia@biblesociety.co.za of skakel 021 910 8705, indien jy ’n bydrae wil maak.

Comments are closed.