FEBA Radio bied aan ‘Die Sluier word gelig…’ damesoggend

“Elke keer as hy hom na die Here wend word die sluier weggeneem…..” 2 Kor 3:16
“Elke keer as hy hom na die Here wend word die sluier weggeneem…..” 2 Kor 3:16

Dames word genooi om ‘n koppie tee en eetgoed saam met die bekende spreker. Dr Lourentia de Kock by ‘n damesoggend met die titel “Die Sluier word gelig…” te geniet op Saterdag 10 Mei in die Basiliah Restaurant, Moreletta NG Kerk, Pretoria

Die oggend word aangebied deur FEBA Radio, ‘n internasionale sending-organisasie wat die evangelie van Jesus Christus deur middel van die radio en internet uitdra. Anders as plaaslike Christelike radiostasies, fokus FEBA hul senders al vir ses dekades op die mins-bereikte mensegroepe van die wêreld, ondermeer ook op Asië, die Midde-Ooste, die Verre-Ooste, Horing van Afrika, Franssprekende Afrika en sover suid in Afrika as Malawi en Mosambiek.

Hul programme word deur plaaslike inwoners van hierdie lande gemaak, en daarom kan hulle uitsaai in tale waarvan sommige mense nog nooit eers gehoor het nie. Duisende luisteraars skryf jaarliks aan hulle om te vertel hoe hulle deur die programme aangeraak is en selfs hoe hulle na aanleiding daavan tot bekering gekom het.

FEBA Radio bedien die Kerk deur die Evangelie in meer as 130 tale oor 50 lande uit te saai. Radio benodig nie ‘n paspoort of visum nie en het die vermoë om só, baie siele te wen. FEBA Radio SA doen geen kommersiële reklame in hul uitsendings nie en is afhanklik van donasies wat hulle van Christene ontvang.

Een van FEBA se fondsinsamelingsprojekte is ‘n damesoggend net voor moedersdag. Bring jou moeder en vriendinne en kom kuier saam rondom heerlike eetgoed, ‘n lekker koppie tee of koffie en ‘n begeesterende spreker. Dr Lourentia de Kock is ‘n sielkundige en beminde spreker by vrouekampe. Haar verhouding met die Here is so aansteeklik dat jy hierna nie sal kan wag dat ons Bruidegom op die wolke terugkom nie!

Die Damesoggend se tema is “Die sluier word gelig…..” na aanleiding van 2 Korintiërs 3 en vind plaas op Saterdag 10 Mei om 10:00 in die Basiliah Restaurant by die Moreletta NG Kerk. Die adres is De Villa Bois 1353, Moreleta Park, Pretoria. Kaartjies is R100 per persoon en besprekings kan gemaak word deur Yolande Steenkamp by 012 335 5708/64 of Yolande@febaradio.co.za te kontak.

- Advertisement -

Click to join movement

FEBA Radio SA wil geestelik belê in hul ondersteuners en daar is geen beter manier as om heerlik te vergader rondom die Lewende Woord nie “Van Moses sê die Skrif egter: Elke keer as hy hom na die Here wend word die sluier weggeneem…..” 2 Kor 3:16