My Getuienis: Werner Gerber, Soldier for Jesus

Werner Gerber, met KMMC Komitee lid, Ruthi van der Merwe, by di Karoo Mighty Men.
Werner Gerber, met KMMC Komitee lid, Ruthi van der Merwe, by di Karoo Mighty Men.

[notice]’n Getuienis deur Werner Gerber — ‘n gereelde besoeker by Mighty Men Konferensies.[/notice]

Ek het n moeilike skool loopbaan gehad. Ek is disleksies en leer en lees was nie een van my goeie punte nie en dit het gelei tot erge depressie en selfmoord neigings. Die laaste selfmoord poging het amper my lewe gekos; ek het seker so 50 slaap pille gedrink en het drie dae later in die intensiewe eenheid wakker geword en die Here het daar met my gepraat. Maar ek het nie geluister nie en my na drank en meisies gedraai totdat ek my meisie aan n asma aanvaal aan die dood af gestaan het en na die terugslag het dinge erger hand uit geruk. Ek het gesukkel om my verhouding met my meisie wat vandag my vrou is te laat werk en dis toe die Here my in n droom aangeraak het en ek my lewe vir die Here gegge het daai selfde nag in my woonstel.

Nadat ek gedoop wasb het ek ‘n vuur in my hart gekry om die woord van die Here te versprei en nadat ek en my vrou getroud is het ons deel geraak van die ‘Walk for Jesus’ wat die Here gebruik het om mense se geloof weer aan die brand te steek.

Ek probeer soveel as moontlik die MMC’s by te woon. By die 2010 MMC het ek besef ek moet van die dinge ontslae raak wat my aandag aflei want my gesin en huwelik hand daarvan af.

Paintball veld
Ek het ‘n paintball veld gehad wat ek Soldiers for Jesus genoem het & dis hoe ek vandag die naam ‘Soldier for Jesus’ het.

Ons doen opelig dienste, praise en worship sessies, plant kruise op Goeie Vrydae en bid vir die siek.

- Advertisement -

My roeping is om met jong mense te praat oor selfmoord, depressie en om hulself fisies uit te leef.

MMC 2012 het my en my skoonpa se lewe verander; ek het besef dat huwelik op geloof gebou moet wees en dat die man die gesin na God toe moet lei.

MMC het my nie net ‘n man gemaak nie vir my vrou nie, maar ‘n pa vir my dogtertjie en ‘n ‘warrior’ in geloof.

Die Here het in 2010 my ‘n visie gegee om na Namibia toe te gaan met niks anders as bybels nie. Vir twee jaar het ek die Here gevra oor die visie en ek het die gegrou on my geloof: hoe gaan ek na n vreemde land, waar ek niemand ken, sonder geld, sonder bank kaarte, sonder petrol en sonder kos — NET bybels & koffie???

Ek het toe n man ontmoet; Dewald Allers, wat dieselfde visie gekry het en in 2012 het ons vetrek Namibia toe, net soos die Here gese het – met niks net bybels! Ons het bybels ontvang van mense af wat ons nie geken of eers geweet het van die visie nie, daar sou bybels voor ons deur staan wat ons nie geweet het van wie of waar vandaan dit gekom het nie. Daar was so +- 1 000 bybels.

Op ons trip het mense ons gestop en gesê: “Die Here het vir my gesê om jou bakkie se tank vol te maak.”Mense het hul huis vir ons oop gemaak en hul beddens vir ons aangebied terwyl hul op die vloer moes geslaap het omdat hul, hul laaste vir ons gegee het. Deur Upington was dit verskriklik warm en nie ‘n wolk in sig nie maar toe verskyn ‘n enkele wolk oor my bakkie gehang en gereen en ons verligting gegee aan die hitte net soos in Eksodus in die bybel. Ons het die woord versprei met die Jesus film, dat shebeens leeg was want die mense het ‘n honger vir die Here gehad en wou eerder hul lewens aan die Here oorgee, Mense is gedoop, siekes genees, ‘n dowe man kon weer hoor, ‘n krippel man weer loop en dis als op film op geneem. Prys die Here, dis net die Here wat sulke dinge kan laat gebeur en ek is net sy instrument!

Ons het 5 340 km in geloof gedoen en met R5 000 terug gekom wat toe gebruik ons vir ‘n tent kerk.

KMMC 2014
En nou — MMC 2014: Wat ‘n awesome diens! Ek het elke praise en worship sessie gehuil. Die Here het my herinner dat ek n roeping het: “Be the soldier I called you to be!” Die kamp het my geinspireer om my dogtertjie te wys wie Jesus is en dat ek die voorbeeld moet stel. Ek het my huwelik op gedra aan die Here, waar dit voel asof daar nie meer hoop is nie, ek het magteloos gevoel om my huwelik te red, maar die Here het gesê Hy is in beheer, my vrou is vir ‘n 2de keer in ‘n jaar se tyd afgedank en sy is nie gesond nie. Ek kan skaars als betaal maar my geloof is in Hom wat hemel en aarde gemaak het. Hy is my laaste en enigste uitweg. MMC Karoo is baie besonders want my pa het sy hart vir die Here gegge in 2011 en my pa het vir my gesê hy is trots op my en dat hy my eer vir my geloof en dit het my goed laat voel. Dit was lekker om saam my pa te kon huil.

My vriend Piper James het n foto en beskrywing in sy boek – The Cloth – geplaas wat my motiveer: Proclaiming Africa for Jesus — n Visie om 5 000 bybels in Africa in te vat en die woord te verkondig en om bybels verniet weg te gee want ons geloof behoort nie gedruif te wees deur geld nie maar deur geloof in die Here se beloftes, my visie is om in geloof te reis na lande wat die woord nodig het.

Ek vra nie vir geld nie; net vir bybels. God sal alles voorsien!

Ek is ook besig om n warrior kruis te dra om mense bewus te stel van hoe kort tyd is en om jou kruis op te neem en te dra wanneer die Here ons roep.

Ek wil ook jong mense bewus maak van die kruis wat elkeen van ons het en dat die toekoms van ons geloof in hulle hande het en dat ons nie moet toelaat dat ons geloof bedreig word nie. Die geloof in Jesus Christus kan net uitsterf as ons terug staan, ons koppe draai en dit toelaat.

Jesus liefde,

Click to join movement

Walk by Faith and Not by Sight

Soldier for Jesus,
Werner Gerber

Comments are closed.