Nood van Libiese studente

Deur Danie Mouton

Ds Jurie Goosen (Internasionale Studentebediening Stellenbosch) vertel meer oor die lot van Libiese studente in SA: Beste medegelowige Talle Libiese studente op die Stellenbosch kampus word geraak deur die oorlog in hul land.

Baie is besorg oor die veiligheid van hul families in Noord-Afrika en sommige het al familielede verloor in die konflik. Baie Libiese studente se geldbronne is aan die opdroog met die verslegtende situasie in die land. Almal wonder oor wat die toekoms vir hulle land en families inhou.

- Advertisement -

Ons vra asb. jou voorbidding vir die vreemdelinge in ons poorte wat deur ‘n moeilike tyd gaan. Bid asb. vir wysheid hoe om die Libiese studente in hul tyd van nood by te staan. Hierdie tyd is ‘n goeie geleentheid vir gelowiges en gemeentes om Christus se liefde prakties te betoon aan hierdie vreemdelinge.

- Advertisement -

Baie sit met gevoelens van woede, magteloosheid en swaarmoedigheid. Die Midde-Ooste en Noord-Afrika gaan deur radikale verandering. Baie waardes wat gesoek word in die betogings kan alleen in die koninkryk van God gevind word. Bid asb. dat baie studente die Vredevors sal ontdek en gelowiges ontmoet wat draers van hoop sal wees.

Comments are closed.