Oom Karoolus en Lente moevie besoek platteland einde November

Oom Karoolus
Oom Karoolus en Lente 

Deur Brettian Productions

Oom Karoolus en Lente is geen vreemdelinge in die Afrikaanse kindermusiek bedryf nie. Met meer as twee dekade se ervaring, is die duo opgewonde om die vrystelling van hul jongste projek (in samewerking met Brettian Productions) aan te kondig: ‘ Oom Karoolus en Lente – Die Moewie.’

Die pret familie film met ‘n Christelike boodskap word einde November in venues/dorpe en onafhanklike fliekteaters regoor Suid-Afrika vertoon! 

- Advertisement -

Die storielyn
‘n Lang vergete pakkie in die pos vir Karoolsie, sit ‘n groot avontuur aan die gang vir Oom Karoolus en Lente! Wanneer die crooks, Grootoor (Leon Ferreira) en Shorty (Steyn Fourie), ‘n geleentheid onderskep en met Oom Karoolus (Cor Uys) se motor wegjaag,is daar groot moeilikheid want Lente (Letitia Uys) lê agter op die sitplek en slaap! Lente is egter koel en kalm en verklap in haar onskuld dat sy en Oom Karoolus oppad is na sy oupa se plaas waar hulle na ‘n skat gaan soek. Natuurlik stel die twee skelms baie belang en maak hulle planne om die skat te kry, maar ‘n groot verrassing wag vir hulle almal wanneer hulle by die skat uitkom! Met Ghapi as Piet Posman, en Bouwer Bosch as Kaptein Flits Venter van die Blue Chip soekspan, is hierdie ‘n fliek vir die hele gesin met baie pret, spanning en ‘n groot boodskap!

- Advertisement -

Agter die skerms
Meeste van die fliek was in die Springbokvlakte in Limpopo geskiet rondom Tuinplaas, onder die leiding van Corrie Uys. Die produksie het ongeveer 10 maande gevat om af te handel, waarvan ‘n maand spandeer is op die skiet van die moevie self. Sê Corrie: “Ons het ‘n wonderlike span gehad tydens die verfilming van die fliek, en die hele proses was ‘n fees. Om saam met mense te werk wat so passievol is soos jy oor die medium, asook die boodskap en visie van die projek, is ‘n voorreg.”

Kyk na die Dagbreek onderhoud met Oom Karoolus en Lente:

- Advertisement -

Die Moewie’ sal einde November op DVD beskikbaar wees by winkels, en sal in die volgende dorpe wys:

Gauteng

Pretoria: Maxi Cineplex, Hatfield Plaza, 29 Nov-5 Des (www.maxi-cineplex.co.za)

Benoni: NG Benoni Benjamin, 1 Desember, 16:30 (011-8497735)

Randfontein: AGS Greenhills Kerkgebou, 29 November, 19:00 (011 – 6923880)

Melville: Melville Kruisgemeente, 25 Januarie 2014

Kemptonpark: Laerskool Birchleigh saal, 29 November, 09:00 en 12:00

Randburg: Fontainebleau Gemeenskapskerk, 30 November, 09:30

Roodepoort: NG Kloof en Dal, 29 November, 19:00 (0116792102)

Alberton: Ligstad, 29 November, 18:30 (0828028242)

Vereeninging: AGS Emmanuel Duncanville, 29 November, 19:00, (016 428 3166)

Boksburg: NG Kerk Boksburg-Oos, 1 Desember, 18:00

Limpopo

Polokwane: Akademia Reformia Skool, 30 November, 10:00 en 15:00 (015-2988145)

Thabazimbi: Laerskool Thabazimbi, 28 November, 18:00

Hoedspruit: AGS Hoedspruit Gemeente, 22 November, 18:30

Naboomspruit: NG Kerksaal, 26 November, 19:00

Louis Trichardt: Volle Evangelie Kerk, 30 Nov. en 1 Des., 19:00

Steelpoort: AGS Steelpoort, 29 November, 18:00

Mpumalanga

Komatipoort: Hervormde Kerk, 29 November, 19:00 (013 7937143)

Ermelo: AGS Ermelo Kerksaal, 29 November, 18:30

Middleburg: Corpus Christi Aerorand, 29 November, 19:30

Barbeton: Volle Evangelie Kerk, 1 Desember, 18:00 (0137122871)

Sabie: NG Kerk Sabie, 30 November, 18:00

Sundra: Ags Sundra, 30 November, 18:00

Standerton: Laerskool Standerton saal, 8 November, 18:00

Witbank: Kruisgenerasie – Volle Evangelie Kerk, 29 Nov-1 Des, 18:00

Natal

Richardsbaai: AGS Richardsbaai (KSM), 29 Nov-1 Des, 18:00

Noord-Kaap

Calvinia: NG Hantam Kerk, 1 Desember, 09:30

Katu: Annelize Strauss – 0845557619

Noord-Wes

Klerksdorp: Charisma Gemeente, 30 November, 19:00

Swartklip: AGS Lewende Woord, 29 November, 18:00

Potchefstroom: Roots, 26 November, 17:30

Oos-Kaap

Despatch: NG Kerk Eendrag, Kerksaal, 30 November, 18:00

Queenstown: NG Kerksaal, 17 of 18 Januarie 2014, 18:30 (0826510072)

Suid-Kaap

Riversdal: Laerskool Volschenk skoolsaal, 28 November, 18:30

Ladismith: NG Kerk gebou, 29 November, 18:30

Oudtshoorn: Helende Woord Bediening, 30 November, 10:00 (0442727026)

VRYSTAAT

Dewetsdorp: NG Kerksaal, 29 November, 19:00

Sasolburg: Vaalpark Laerskoolsaal, 29 November, 18:30

Villiers: Hoërskool saal, 23 November, 10:00

Harrismith: Kerksaal NG Kerkenberg, 29 November, 19:00 (0586230974)

Wesselbron: NG Moedergemeente Kerksaal, 17 November, 09:30

Bethelehem: Bethlehem Cinema, 29 November, 15:00 en 17:30

Bloemfontein: NG Gemeente Gardeniapark, 29 November, 09:30 en 18:00

Heilbron: NG Kerk Heilbron-Suid, 22 November, 18:30

Zastron: Hoërskool Zastron Skoolsaal, 6 November, 18:30 en 13 November, 09:00

Riebeeckstad en Welkom: Ds. Christo Nel

Kestell: NG Gemeente, 30 November, 17:00

Frankfort: EG Kerk Frankfort, 29 November, 10:00 14:00 en 16:00

Wes-Kaap

Paarl: AGS Paarl Protea Aanbiddingsentrum, 29 November, 19:30 (0218725473)

Malmesbury: Coram Deo Gebou (Dr Euvrardstr), 29 Nov., 18:30 (0224821935)

Koringberg: Koringberg Gemenskapsaal, 4 Desember, 19:00 (0224238153)

Montagu: NG Kerksaal, 30 November, 19:00

Belville: Logos Christengemeente, 29 November, 19:00 (0219193338)

Strand: AGS Charisma kerksaal, 29 en 30 November, 19:30

Robertson: Lizette Van Rensburg (0832993838)

Bredasdorp en Napier: Charl Saaiman (0822269616)

Darling: NG Kerksaal, 6 Desember, 19:00

Navrae: 0827882736 of lente@lente.co.za.

Comments are closed.