Paasproduksie vir nuwe Port Elizabeth teater

Deur Danie Mouton

Obed Produksies in samewerking met Bay FM 107.9 bied van 13 tot 16 April die paasproduksie ‘Plek van die Hoofskedel’ in die nuwe Artuo Teatro in Port Elizabeth aan. Artuo is in Richmond Hill op die hoek van Glen en Richmond Park laan geleë.

‘Plek van die Hoofskedel’ vertel die oubekende Paasverhaal van Jesus se lyding, op ‘n nuwe manier. Die teks is deur Danie Matthee geskryf en die musiek word deur Nagel Meyburg en Andrè Reyneke behartig, met Kareen Breytenbach wat vir die choreografie sorg.

Vertonings begin elke aand om 19:00 maar op Saterdag 16 April is daar net ‘n middagvertoning om 14:00 en nie ‘n aandvertoning nie.

- Advertisement -

Toegang is gratis, maar ‘n kollekte sal opgeneem word. Gehore word uitgenooi om opnuut deel te word van die storie van Jesus se kruisiging wanneer ‘Plek van die Hoofskedel’ by die Artuo Teatro in Port Elizabeth opgevoer word.

Click to join movement

Vir meer inligting kontak Danie by 082 876 9015.

Comments are closed.