Profetiese roeping van die Mighty Men beweging

Read in English

[notice]henniebesterVir die afgelope 10 jaar het die Mighty Men beweging ‘n fenomenale impak op mans regdeur Suid-Afrika gehad.  Wat sê, doen en beplan God deur Mighty Men in hierdie land? Strategiese finansiële konsultant en voorheen lid van die Weskaap se parlement, HENNIE BESTER, openbaar die volgende visie.

Mighty Men founder Angus Buchan addressing men at the 2012 Karoo Mighty Men Conference at Middelburg.Mighty Men stigter Angus Buchan aanspreek manne by die 2012 Karoo Mighty Men Konferensie buite Middelburg.[/notice]

‘n Groep manne van Middelburg in die Oos-Kaap was van die eerstes wat gereageer het op Angus Buchan se oproep in 2004 om bymekaar te kom op sy plaas Shalom naby Greytown in KwaZulu-Natal. Hy was gehoorsaam aan ‘n opdrag van God om die manne van Suid-Afrika te mentor. Sewe jaarlikse Mighty Men Konferensies (MMKs) is op Shalom gehou en by die laaste een in 2010 het 250 000 manne saamgetrek. By die 2010 MMK het Buchan die mantel oorgegee aan die manne wat gementor is deur die Shalom MMKs om die werk in die res van die land voort te sit. Die manne van Middelburg het besluit om die uitdaging te aanvaar. Sedert 2011 is twee MMKs op Jannie Moolman se plaas, Renosterfontein, buite Middelburg gehou.

- Advertisement -

Die Middelburg MMK span het oorspronklik besluit om die byeenkoms vir drie jaar aan te bied. Die derde MMK Karoo word op 26-28 April 2013 op Renosterfontein gehou. In Desember 2012 het die Middelburg span bymekaar gekom om te besin oor die pad vorentoe. By daardie byeenkoms het die Here begin om Sy hart aan hulle te openbaar.

“Soos Suid-Afrika in dieper en stormagtige waters inbeweeg, word God se doel met die oprigting van die “mighty men” meer en meer duidelik. Hulle is geroep om hulle te versterk om Jesus, die Seun van Dawid, koning te maak in hierdie land. Alvorens die dapper helde nie verenig nie, kan Jesus nie koning word nie. Hulle moet die geestelike fondament, die veiligheidsnet, vorm wat die volk en land deur die stormagtige tye wat voorlê sal dra. In geloof en in die Naam van Christus moet hulle die stryd voer terwyl golf op golf van vernieting gemik teen ryk en arm, swart en wit, op die land sal neerslaan.”

Die kern van die MMK beweging is om “mighty men” vir Suid-Afrika op te rig. Die term “mighty men” is afgelei van die leiers wat Dawid omring het (1 Kron 11:10; 2 Sam 23:8). Die Bybel verwys na hulle as die “dapper helde” (1 Kron 12:21) wat hulle by Dawid aangesluit het terwyl hy voortvlugtend was vir Saul. Soos was Saul se huis en koninkryk al dieper verval het in boosheid nadat die Here sy salwing van hom weggeneem het, so het meer en meer manne by Dawid aangesluit in die wildernis.

- Advertisement -

Die manne wat by Dawid aangesluit het, het gekom uit al die verskillende stamme van Israel. Baie van hulle was in die nood vanweë skuld of vir ander redes (1 Sam 21:9). Hulle het almal egter een ding in gemeen gehad: hulle het die salwing van God op Dawid erken. In 1 Kron 12:18 lees ons dat “die Gees Amasai, die hoof van die dertig, vervul het, en hy het gesê: Vir u, Dawid, en met u, seun van Isai, is ons. Vrede, vrede vir u, en vrede vir die wat u help, want u God help u!”. Terwyl die drama van Saul se onvermydelike einde besig was om uit te speel, was die nuwe koninkryk reeds besig om in die wildernis vorm aan te neem soos meer en meer manne hulle met Dawid verenig het. “Dag vir dag het hulle na Dawid gekom om hom te help, totdat dit ‘n groot leër was soos die leër van God” (1 Kron 12:22).

Ten spyte van die klaarblyklike salwing op hom, het Dawid sy manne verhoed om ooit hulle hand teen Saul te lig. In 1 Sam 24 lees ons hoe Dawid met spyt vervul is toe hy, op die aandrang van sy manne, net die punt van Saul se mantel afgesny het. Sy antwoord openbaar een van die belangrikste grondslae vir sy blywende koninkryk: “Mag die Here my bewaar dat ek so iets aan my heer, die gesalfde van die Here, sou doen om my hand teen hom uit te steek” (1 Sam 24:7). Die Here haat rebellie. Geen blywende gesag kan gebou word op rebellie teen bestaande gesag nie.

Mighty Men het die koninkryk gedra
Dit was uiteindelik hierdie dapper helde “wat Dawid kragtig bygestaan het in sy koningskap saam met die hele Israel om hom volgends die woord van die Here koning te maak oor Isreal” (1 Kron 11:10). Hulle was die manne wat Dawid se oorloë gevoer het en die onderbou vir sy koninkryk gevorm het. Hulle het in Dawid se salwing beweeg. Terwyl Dawid koning was was dit nooit nodig om in Israel die beheermaatreëls in te stel wat Salomo moes instel om nasionale orde te handhaaf nie. Die dapper helde het die koninkryk gedra en hulle kon vertrou word om Dawid getrou te volg en sy wil deur die hele land uit te voer.

Soos Suid-Afrika in dieper en stormagtige waters inbeweeg, word God se doel met die oprigting van die “mighty men” meer en meer duidelik. Hulle is geroep om hulle te versterk om Jesus, die Seun van Dawid, koning te maak in hierdie land. Alvorens die dapper helde nie verenig nie, kan Jesus nie koning word nie. Hulle moet die geestelike fondament, die veiligheidsnet, vorm wat die volk en land deur die stormagtige tye wat voorlê sal dra. In geloof en in die Naam van Christus moet hulle die stryd voer terwyl golf op golf van vernieting gemik teen ryk en arm, swart en wit, op die land sal neerslaan.

Toe die MMK Karoo span in die eerste week van Maart op Renosterfontein bymekaar gekom het om in te tree vir die 2013 konferensie, het die Here ons gewys dat ons ‘n geestelike “High Noon” vir Suid-Afrika nader. Toe ons die betekenis hiervan naspeur, het ons besef dat High Noon verwys na ‘n 1952 cowboy film. In die film draai al die manne in ‘n klein dorpie hulle rug op die “marshall” wat vir soveel jare hulle dorp beskerm het. Hy word alleen gelaat om te veg teen ‘n terugkerende krimineel en sy trawante. Dieselfde “marshall” het jare tevore die dorp bevry van die houvas van hierdie slegte man en sy vennote. Tog wou nie een man, ook nie die kerkgangers nie, saam met die “marshall” staan om die dorp te beskerm teen sekere verdrukking nie, selfs al het hulle vir soveel jare die vryheid geniet wat hy vir hulle verwerf het. Hulle sou eerder ‘n kompromie aangaan met die misdadiger en hul onderwerp aan sy bose voornemens.

Oproep om geestelike stryd aan te knoop
In die aangesig van hierdie dringende uitdaging is die oproep vir Suid-Afrika se dapper helde om die geestelike stryd aan te knoop, om te “heers te midde van u vyande”. Dit is die belofte van Ps 110, die profetiese wekroep vir ‘n tyd soos hierdie. Wanneer Christus tot koning gemaak word in ‘n land moet elke knie voor Hom buig – geestelike en aardse gesag – of hulle Hom erken of nie. Vir Christus om gekroon te word sal verg dat Sy broers, die dapper helde (“mighty men”) na die kruis toe sal gaan vir hulle families, gemeenskappe en vir hulle land.

KMMCCROSS
‘n Houtkruis wat uitkyk oor die Mighty Men kampplek.

Om kruis toe te gaan moet hulle versterk word, bevestig in hulle geloof en verenig met ander manne en hulle families wat hulle ondubbelsinning met Christus vereenselwig. En dit is presies wat die MMKs bied. Die Bybelse prototipe van hierdie konferensies is die feeste van die Here. In die Ou Testament het die Here ‘n aantal feeste verorden. Die drie groot feeste was die Pasga, die Fees van die Weke (ook bekend as Pinkster) en die Huttefees. Vir hierdie drie feeste “drie maal in die jaar moet al jou manne voor die aangesig van die Here jou God verskyn op die plek wat Hy sal uitkies” (Deut 16:16). Hierdie drie feeste was geleenthede waarop al die inwoners van Israel uit verskillende gemeentes en oortuigings bymekaar gekom het om bevestig te word in hulle geloof, om van God te hoor, om verfris te word in Sy salwing, en om verhoudinge met mekaar te bou en te versterk. Uit hulle verskillende dorpe het hulle te voet of op donkies saam na Jerusaloem en terug gereis. Daar was baie tyd om te gesels en bande te bou op maniere wat die dag tot dag routine net nie toelaat nie. Om die waarheid te sê, dit was so ‘n gekuier met onderlinge vertroue dat Jesus se ouers vir ‘n volle dag terwyl hulle op pad terug was van die Paasfees nie besef het dat hulle seun nie in die toergroep is nie (Luk 2:44).

Hierdie feeste is steeds onderhou in die tyd van Christus. Die grootste mylpale van Christus se lewe het juis plaasgevind tydens die feeste. Hy is gekruisig tydens die Paasfees toe Hy gesterf het as die pasgalam, die finale volbringing van die fees. Die Gees is uitgestort op Pinkster (Hand. 2:1). Wanneer hy kon, het Paulus teruggehaas na Jerusalem om daar te kon wees vir die Pinksterfees (Hand. 20:16). Ook vandag bly daar vir ons, die seuns van God, dieselfde noodsaak om oor alle denominsasies en uit alle stamme en windrigtings te verskyn voor God om van Hom te hoor, om verfris te word deur Sy Gees, om verbind te word met ander broers en hulle families, en om Christus te verheerlik. Ons verwagting moet wees om God te ontmoet op dieselfde manier waarop Angus Buchan en die feesgangers na die Huttefees in Israel verlede Oktober Hom beleef het toe ‘n kragtige beweging van die Gees plaasgevind het. God wil tabernakel tussen Sy mense wanneer hulle eensgesind vergader in geloof – en die manne moet voor vat.

Click to join movement

Die Here se opdrag vir die manne wanneer hulle opgekom het vir die feeste was om “nie met leë hande voor die aangesig van die Here te verskyn nie”. Elkeen moes iets bring “volgens die gawe van sy hand ooreenkomstig die seën van die Here jou God wat Hy jou gegee het” (Deut 16:16-17). Dit is hoekom die MMK span van Middelburg besluit het dat ‘n toegangsfooi vir die fees nie gepas is nie. Toegang tot God is vry. Christus het immers die toegangsfooi betaal. Geloof het egter ‘n prys en elke feesganger moet bydra soos wat hy geroep word en soos wat hy geseën is.

 

Comments are closed.