Vroue geniet koninklike behandeling

AGTER VAN LINKS: Sandra Joshua; Eileen Smith; Lea Dlepu; Milivia Hendricks; Pauline Hanekom; Magrieta Saal.
MIDDEL Liz Arendse (sameroeper van Women in Action); Lizzy Basson; Allison Fisher
VOOR: Charmaine Arends; Nerina Smith (Women on the Move 4 Christ Ministries)

Op Woensdag November 28 het die opgewondenheid hoog geloop by die vroue van Women in Action, van Wesbank, Kuilsrivier. Dit was ook heel te verstane want hulle het net gewag vir die bussie van Women on the Move 4 Christ Ministries om hulle te kom haal vir ‘n onvergeetlike dag by ‘n gastehuis in Parow-Noord.

Women in Action is ‘n vrouegroep in Wesbank wat weekliks bymekaar kom grootliks om hulself te bemagtig. Liz Arendse, sameroeper van die groep, het past. Nerina Smith, presidente van Women on the Move 4 Christ Ministries ‘n tyd gelede genader en gevra dat sy die kursus ‘Leef soos ‘n Koningsdogter’ geskoei op die boek “The King’s Daughter” van Diana Haggee, by hulle sal kom aanbied. Die kursus is oor ‘n tydperk van 10 weke deur Smith aangebied, met onderwerpe soos “Wees ‘n Koningsdogter”; “Ek is die odd-one out”; “Nie skaam vir die Evangelie nie”; Die 10 gebooie vir die moderne vrou van vandag en Jaag jou drome na. Sr. Colette Willemse het die vroue toegespreek oor “Kyk na jou liggaam en hou dit gesond”.

Om die kursus af te sluit, het Smith die vroue bederf met ‘n nag se gratis verblyf by Smithland in Parow-Noord. By hierdie geleentheid het sy die laaste module van die kursus, “Ontvang die guns van God’ aangebied en hulle op ‘n heerlike middagete, geborg o.a. deur Woolworths in Panorama getrakteer. Daarna het elkeen ‘n sertifikaat ontvang en gekroon as Koningsdogter. Elke dame het ‘n toiletsakkie met noodsaaklike benodighede ontvang, deels geborg deur Luxury Guest.co.za Die geleentheid is die volgende oggend afgesluit met ‘n ontbyt by ‘n restaurant in Plattekloof.

- Advertisement -

Die vroue het die kursus so geniet dat hulle versoek het om in 2013 ‘n opvolg kursus te doen, o.a. in Hoe om ‘n besigheid te begin; Finansiële bestuur en voortreflikheid, ens. Smith is baie opgewonde daaroor en hoop om volgende jaar hierdie kursus aan ander vroue ook aan te bied.

- Advertisement -

Comments are closed.