Creare gaan appèlleer teen diskriminasie uitspraak

‘n Lof en aanbidding sessie by Creare Opleidingssentrum, Bloemfontein.
Verwerp nie homoseksueles nie, maar sonde

Die Creare Christen Kuns Opleidingsentrum in Bloemfontein is vroeg verlede week deur die Menseregte Kommisie skuldig bevind aan diskriminasie teen homoseksueles as gevolg van stellings in sy beleid.

Die stelling in die sentrum se beleid wat gelei het tot die bevinding is dat dienste beskikbaar is in die vorm van Bybelse lering, gebed en bemoediging om studente te help wat hul seksuele orientasie wil verander.

Creare hoof, Pastoor Cornelius van Heyningen, sê Creare kan en gaan appèlleer teen die bevinding en voorstelle van die SA Menseregte Kommisie (SAMRK).

Die SAMRK se voorstel aan Creare is om diversiteit te akkomodeer en ‘sensitiserings werskswinkels’ by te woon wat deur die Instituut vir Sosiale Reg en Versoening Studies by die Universiteit van die Vrystaat aangebied word in samewerking met die Suid-Afrikaanse Raad van Kerke.

- Advertisement -

Van Heyningen het die week weer, net soos op die tyd van die uitspraak deur die SAMRK, gesê dat Creare “respekteer die regte van mense wat glo hulle is gebore as homoseksueel, maar wie staan op vir die regte van diegene wat hul orientasie wil verander? Het hulle nie regte om die veranderde lewe te leef wat hulle ook begeer nie? Waar word menseregte dan hier gefasiliteer?”

Geskok oor mediaberigte
Creare het die week aan Gatewynews gesê hulle is geskok op die reaksie wat in die media uitgelok is. Daar is in werklikheid meer as 100 weeklikste studente in Bloemfontein, 1300 weeklikse studente wat bereik word in omliggende dorpe en 3500 studente wat oor alle provinsies deur Creare bereik word. 90% van al hierdie studente van Creare is deeltyds en van verskillende gelowe, rasse en seksuele orientasie. Daar is egter ‘n groep van 15-30 voltydse student by Creare wat alreeds in die tyd van hul aansoek by die skool vereis word om ‘n Bybelse leefwyse te handhaaf.

“Die media het dit wat van toepassing is op die 20 of wat voltydse studente, verdraai asof dit van toepassing is op al 5 000 deeltydse student landwyd.

- Advertisement -

“Ons verban nie homoseksuele mense nie, hoe kan ons dit doen? Dit is dan ook teen God se Woord.

“Dit is een van 200 sondes. Dan moet jy sê jy kan net mense sonder sonde toelaat in die skool. Dit is onmoontlik.

“Hoe vra ons die outjie wat vir 30 minute ‘n week kom vir ‘n kitaarles ‘so wat is jou seksuele voorkeer?’ voordat ons om toelaat om lesse te ontvang? Dit sal mos nooit werk nie.”

Kerk in SA
Maar steeds, al verwerp Creare nie homoseksuele mense nie, glo die sentrum steeds inlyn met God se Woord dat homoseksueliteit, net soos al die ander sondes, iets is wat die Here Homself teen uitspreek en mense van wil bevry.
Dus wil Creare sien dat kerke hulself landwyd sal begin mobiliseer om aktiewe standpunte in te neem wat inlyn is met die Woord. Sodoende kan creare se respons op die SAMRK se uitsrpaak dan ‘n breër effek hê op die kerk in SA.

In terme van hul eie leraars, predikante en aanbiddingsleiers is en bly Creare dan uitgesproke teen die sonde, maar nie teen die mens nie.

“Dit is net dat ons kan nie mense uitstuur na ander gemeentes indien hulle nie inlyn is met die Woord nie. Hoe kan ek aan ‘n pastoor by ‘n ander kerk iemand stuur en sê ‘ek stuur vir jou ‘n man wat kan worship lei. Hy is homoseksueel en wil nie verander nie, maar laat hy julle lei’?

Click to join movement

“Waar het jy al dit gesien?” vra Van Heyningen

4 Comments

  1. Goed gestel, Doen so voort. God Bless Creare

  2. dankie vir ‘n duidelike uitspraak teen hierdie sonde. net soos die ander sondes van verslawing wat reeds algemeen aanvaar word, nikotien, alkohol en selfs medisinale middels, sal mense voortgaan om dit te probeer normaliseer as menslik. Natuurlik is mense se sondige geaardheid daarvoor verantwoordelik, en sal ons die prys daarvoor betaal, of die loon ontvang.

  3. Ek glo God het `n` doel met als, ons kannie langer terug staan vir sonde om te heers nie.Die waarheid maak seer maar hierdie is geleenthede om te verander, om God se droom uit te leef en die Woord te vat en deel van ons lewe te maak,want die woord maak vry.

  4. Ons almal behoort sonde te haat, nie die persoon nie. Elkeen van ons,veral myself, is nie sonder sonde nie. Wie is volmaak? Niemand! Laat ons getrou bly aan die “WOORD V. God en vir mekaar bid.