Geopende Deure maak ‘n oproep vir gebed na die dood van Osama bin Laden

Terwyl erkenning gegee word aan die menslike, politieke en militêre betekenis van Osama bin Laden se dood, veral waar dit diegene aangaan wat gely het onder die vreeslike geweld wat hy en sy organisasie wêreldwyd gepleeg het, erken Geopende Deure ook die Bybelse oproep om te bid vir diegene wat ander vervolg (Romeine 12:14).

Geopende Deure doen ‘n oproep op Christene, regoor die wêreld, om te bid:

  • Vir diegene wat aangeraak is deur die geweld wat veroorsaak is deur Al-Qaeda oor die jare heen. Dat die Here hulle sal troos, want hierdie nuus mag hul herinner van die trauma en hartseer van die verlede.
  • Vir diegene wat kwesbaar is vir ‘n moontlike wraakaanval van Al-Qaeda. Dat die Here Goddelike wysheid sal gee aan diegene wat in beheer is, oor hoe om hulle burgers, insluitende (Christen) minderhede, in Moslemlande te beskerm.
  • Vir die mense – en veral die Christene – van ‘Talibanland’(Pakistan, Afghanistan), wat al so baie gely het as gevolg van ekstremistiese Moslem-bewegings oor die jare, insluitende Al-Qaeda en die Taliban. Dat die Here hulle sal beskerm teen die bose en hul harte sal vul met die vrede van Jesus Christus.
  • Vir diegene wat ander vervolg. Dat die Here sal voortgaan om hulle te konfronteer met die liefde van Jesus Christus deur Sy Woord, drome, televisie-en radioprogramme, endie Internet.

Vir meer inligting rakende die vervolgde Kerk besoek die Geopende Deure webblad of skakel die hoofkantoor by 00 27 11 888 9341. (Met dank oorgeneem uit Feldmuis, nuusblad van die Namibiese Sinode)

- Advertisement -

Comments are closed.