Jeugfokus by NG sinode in Oos-Kaapland

Sinodesitting van die NG-Kerk van Oos-Kaapland.

Deur Erika Ferreira

Bring die kerk tot waar die kinders is, doen “huisbesoek” by kinders,  en bemagtig ouers om self hul kinders se geloof te vorm, is van die raad wat verskeie kenners aan die Oos-Kaapse Sinode gegee het om so relevant vir die jeug te wees.

Die jeug en spesifiek onderwys is hoofonderwerpe by vanjaar se Sinodesitting vir die NG-Kerk in die Oos-Kaapland wat van Maandag af by Willows vakansie-oord plaasvind.  Die 236 afgevaardigdes van oor die hele provinsie vergader hier tot Donderdag.

Mnr. Paul Colditz van FEDSAS het beklemtoon hoe belangrik die rol is wat die kerk kan speel in onderwys. Hy het gevra dat leeraars ouers sal aanmoedig om te stem vir en betrokke te raak by die skole se ouerbeheerliggame. Hy het ook die Sinode aangemoedig om spesifiek vir skoolhoofde en onderwysers te bid.

Me. Noziswe Bashman, direkteur Uitenhage onderwys-streekskantoor, het ook praktiese idees gegee waar die kerk by skole betrokke kan raak. Sy het die Sinode gevra om bewus te wees van probleme soos tienerswangerskap, huishoudings waar kinders die rol as ouer moet volstaan, en leerlinge wat die skool vroeër verlaat, dinge is wat die skool nie alleen kan hanteer nie.

Mnr. Andrè Brink van Child Evangelism Fellowship (CEF) het gesê dit is noodsaaklik om kinders tussen die ouderdomme van 4 en 14 jaar te bereik met die Evangelie en praktiese materiaal beskikbaar gestel.

Dr Chris van Wyk van Somerstrand Gemeente is herverkies tot Moderator, ds Jasper Louw van Loerie is verkies as assessor, ds Rethie van Niekerk van Somerstrand Gemeente is herverkies tot addisionele lid, en ds. Deon Oelofse van Humansdorp is verkies tot aktuaris

Comments are closed.