Johnny Louw terug in die Karoo

JOHNNYKAROOEvangelis Johnny Louw sal terug in die Karoo wees vanaf 7 – 10 Augustus om ʼn breë spektrum praatjies te lewer in Middelburg en Hanover.

Louw is ʼn welbekende spreker in die Karoo deur sy betrokkenheid by die Karoo Mighty Men Konferensie (KMMC) in 2012 en 2013. As een van Mighty Men stigter Angus Buchan se seuns is Louw betrokke by Mighty Men kampe regoor die land en spreek jaarliks meer as 250 000 mense toe. Hy bedien ook jeug (hy het al meer as 300 skole besoek), gemeentes en besighede regoor Suid-Afrika.

“Die week se kuier saam Johnny begin op 7 Augustus om 18:30 op die plaas Juriesbaken,” skryf sy persoonlike assistent, Ruthi van der Merwe, wat ook die bemarking van die KMMC koördineer.

Sy sê: “Almal is welkom en die toegang is gratis.  Werkgewers word aangemoedig om hulle werknemers saam te bring. Asseblief bring kampstoele saam aangesien daar nie voorsiening gemaak word vir sitplekke nie.  Donderdag 8 Augustus besoek Johnny Middelburg Korrektiewe Dienste waar hy die jeug gaan toespreek. Op Vrouedag, 9 Augustus om 10h00, is dit die vrouens se beurt om heerlik saam Johnny by Middelburg Klub te kuier.  Hierdie gratis geleentheid gaan ʼn tee met eetgoed insluit.  Bring ʼn vriendin saam en geniet ʼn gesellige oggend.  Johnny se besoek word afgesluit in Hanover by Karoo Gariep met ʼn ontbyt vir die hele gesin.  Kom geniet die heerlike plaasatmosfeer op die welbekende New Holme Karoo Gasteplaas.  Die geleentheid begin om 09h00 en kos R 50 per persoon, die hele familie is welkom.

“Hierdie week van kuier en gesels gaan beslis ʼn week wees wat ons nog lank gaan oor praat.”

Vir meer besonderhede kontak Ruthi by 0828577839 of e-pos na ruthi@wildestem.com.

One Comment

  1. This is another fine example of the amazing foundations that have been built up from the cornerstone of the original Mighty Men Conferences. Keep plowing forwards brother Johnny. With much love from Pipey and Ina and all at Mighty Men Tartan.