KMMC spreker voorskou: Johnny Louw

kmmcjohnnylouw
Johnny Louw was ‘n spreker by Karoo MMC 2013 en is weer terug vanjaar.

 

Hierdie lig brand vuur en vlam

English

Johnny Louw se roeping is om mense te inspereer om hulle lig te laat skyn in alledaagse situasies, hetsy of dit in hulle families, tussen vriende, met kolegas of met ‘n vreemdeling op straat is.

- Advertisement -

Louw het ‘n unieke vermoë om mense to motiveer om seën, liefde en lewe te spreek; om die oplossing te wees en genesing te bring deur die krag van Christus in elke geleentheid wat te voorskyn kom.

- Advertisement -

Louw sal getuienis lewer van Jesus by die Karoo Mighty Men Konferensie 2014 wat van 25 tot 27 April plaasvind aan die buitewyke van Middelburg in die Oos Kaap te Rusoord Plaas.

Hy praat met groot lof oor die konferensie : “Ek is mal oor die Karoo; ek is nietemin hier gebore en gaan KMMC 2014 toe om dit met my broeders te deel. Ek het elke Karoo Mighty Men Konferensie bygewoon maar hierdie sal die eerste een wees waar ek praat, en as ek nie volgende jaar as spreker optree nie sal ek daar wees as ‘n broeder in Christus.”

Louw wat gereeld kerke, kinder byeenkomste en interkerklike groepe reg oor die land toespreek sê die KMMC het ‘n spesiale salwing om manne te bemagtig om die wêreld te betree as kinders van God.

- Advertisement -

“Die boodskap wat vanuit die KMMC weergalm is een van geloof, hoop en liefde. Dis ‘n plek waar ek my siel voed, my broeders bedien en lekker kuier saam met manne wat uit heinde en verre saamtrek vanaf Namibië, Namaqualand, Limpopo, Gauteng en die Kaap om saam te aanbid. Dis ‘n jaarlikse geleentheid waar die manne kan saam staan, vergeet van alles en God uit volle bors kan prys en aanbid.”

Louw is oortuig dat God hom geroep het as ‘n motiveerder en om die evangelie van hoop met krag te verkondig.
“My boodskap is dat God die mens met hom herenig deur Jesus Christus sodat ons kan uitstuig en herstel word in ons verhouding met Hom en die evangelie van versoening, wat die vergifnis van sonde en redding van Christus is, aan die verlorenes, die moedelose en almal wat hoop verloor het kan versprei.”

God is in die proses om verlorenes te red, hulle in die koninkryk in te bring, te hernu met die sin van Christus sodat hulle nie net nederig nie, maar ook paraat sal wees om die wêreld te betree en die evangelie te verkondig aan alle mense.

Louw is van mening dat dit sy doel is om deur die Gees in die harte van die manne by KMMC in te spreek en hulle liefde vir God te aktiveer.

“Ek wil die manne motiveer om nie hulle liefde vir Christus te laat koud word en in ‘n godsdienstige groef te laat verval nie”.

“As mense maar geweet het hoe lief God hulle het sal dit hulle bemagtig om enige iets op aarde te doen, ‘Want so lief het God die wêreld gehad dat hy sy eniggebore seun gegee het sodat die wat in Hom glo, nie verlore sal gaan nie, maar die ewige lewe sal hê’ (Joh 3:16)”

“Met hierdie liefde het ons nie alkohol, dwelms of geld nodig nie. Dit is hierdie liefde wat ‘n mens verander, enige normale mens, en hom verhoog tot sy regmatige posisie as ‘n kind van God en hom in staat stel om enige iets op aarde te bereik ter wille van sy Vader se koninkryk.”

“Dit is my hart vir die manne by KMMC 2014; om draers van die onbegryplike liefde van God te wees” se Louw.

Comments are closed.