Lesse van besoeker met vlerke

Tasha (regs) en Anthony van Zanten met hulle jagtoerusting.

Deur Tasha van Zanten

Ons het twee katte en n klein hondjie, so ons hou die sekuriteitshek gesluit en die voordeur oop sodat hulle deur die nag kan uitgaan.

My man werk skofte en juis die aand het hy nagskof gewerk. Vaatjie (een van die katte) lê toe op my bed saam my en TV kyk, dit was omstreeks 10:30 die aand. Ek lê nog so lekker en TV kyk toe n voeltji by die kamer ingevlieg kom. Dadelik spring Vaatjie op en begin hom volg en mik. Ek voel toe jammer vir die arme ding en staan op, sit die lig aan en gaan maak my 12-jarige seun, Anthony, wakker om my te kom help om die voeltji te vang voor Vaatjie hom vang. Toe ons in die kamer kom is dit ‘n vlermuis nie ‘n voeltji nie.

- Advertisement -

Ek staan met die vlieëplak en waai en koes en slaan en Anthony met ons katte se handdoek om die gedierte te try vang. Ons altwee gril so en is so bang elke keer as die gedrog naby kom – hy vlieg al in die rondte in die kamer – gil en spring en trippel ons twee daar rond, die een erger as die ander een. Naderhand raak hy toe moeg en gaan sit op die gordyn tussen een van die voue. Anthony hardloop toe met die handdoek en vang hom vas in die handdoek tussen die gordyn voue.

- Advertisement -

Vieslike gedierte
Ek sê toe ek gaan die gordyn oop maak dan moet hy stadig sy hande af bring om die vlermuis uit die vou te kry dat ons hom kan uit vat buitentoe. Geen mens sal mos nou kan slaap met die wete daar is n vieslike, haar nesmakende, bloed suiende, gedierte in jou kamer nie. Maar hy wil niks weet van die plan nie en sê hy’s te bang.

Teen my beterwete vat ek toe die handdoek job oor by hom (met baie moeite en baie versigtig dat die ding nie uitkom nie) dat ek dit maar self ‘n go kan gee. Elke keer as ek voel hoe die ding deur die material teen my hand beweeg wil ek die stype kry en Anthony staan en trippel en kyk en lag vir my.

Ek stuur hom toe om die grootste bak met ‘n deksel wat ons het te gaan haal dat ons die vlermuis half kan try vaskeer. Hy’t die bak oor my een hand en die deksel op die ander en ek begin toe stadig af beweeg dat hy hom kan vang met die bak. Net toe ek vir hom wil sê dat hy op die verkeerde plek is, steek die ding sy kop tussen die gordyn voue en die handdoek uit.

- Advertisement -

Anthony gee n verskrikke hoë meisie-agtige gil, gooi die bak en deksel dat dit doer en in verskilende rigtings trek en hardloop so vinnig daar weg dat toe ek om kyk is hy al uit die kamer en met die los hy my alleen daar met die aardige lewensgevaarlike ding. Toe gil en hardloop ek ook mos maar bietjie. Ons het so gelag vir onself en mekaar dat Anthony nie kon staan nie. Hy het op die grond gelê soos hy lag en wou hom amper natmaak vir my. Toe hy homself compose kry staan hy op en kom se “joh dit was nou scary, voel my hart”. Ek voel hoe klop daai hartjie van hom soos ‘n v8 engine wat se timing uit is. Ek begin weer van vooraf lag vir hom en sy gesigsuitdrukking en vir die feit dat ons ook nog boonop back to square one is.

‘n Nuwe plan
Ons besluit toe omdat daai plan nie gewerk het nie sal ons maar ruil met ons “weapons” en Anthony het die vlieëplak. Ek bespreek nog ons plan of action met hom toe hoor ek doef. Hy slaan toe wragtig die ding raak.

Toe kon ons nou sien hoe lyk die ding en hoe groot is hy eintlik nie. En truth be told, hy is toe eintlik so cute en klein (as sy vlerke toe is en hy dood daar lê) dat Anthony sleg gevoel het dat hy hom kus toe geslaan het met een hou van die vlieëplak.

Hy sit die (nou arme voorheen vieslike) ding toe in n klein plastiek bakkie sonder ‘n deksel maar met glad wrap oor om skool toe te vat en vir almal te wys.

Wat God my deur die volgende week geleer het uit die allerdaagse gebeurtenis is die volgende:

  1. Dit wat eers soos ‘n voeltjie gelyk het was toe ‘n vlermuis. Dinge is nie altyd soos wat mense voorgee of hoe omstandighede op die oomblik blyk nie. So bid vir leiding en wysheid dat God dit aan jou sal openbaar.
  1. Die vlermuis wat ons gedink het so erg is was toe eintlik baie klein en oulik. Dinge wat aan die begin baie scary is draai uit om nie so scary te wees nie. God sal jou nie op n pad lei as jy dit nie kan handel nie. Hy sal jou nie bo jou magte toets nie, want Hy is jou krag.
  2. Die vlermuis wat Anthony dood geslaan het. Alle besluite wat jy neem het nagevolge ens omtyds is dit in nadeel van ander en tot jou spyt so dink mooi voor jy reageer en iets doen of iets sê wat seermaak.  

     

One Comment

  1. What a story ! Had a good laugh :-)
    May I suggest that if you should have a bat in the house again, just open all the windows and switch off all inside lights. Switch on an outside light and wait for 5-10 minutes: the bat will fly out on its own ! :-))