Nuusflits oor Belhar-Belydenis

Prof Thias Kghatla van die VGKSA praat by die 14de vergadering van die Algemene Sinode van die NG Kerk. In 'n onderhoud vandag het hy gesê hy was geskok oor die NGK se besluit om Belhar te aanvaar.

Die NG Kerk se Algemene Sinode het vanmiddag besluit om die kerkordelike proses te begin wat tot die insluiting van die Belhar-Belydenis in die belydenisgrondslag van die NG Kerk kan lei.

Per besluit moet twee-derdes van kerkrade Belhar met ‘n twee-derde stem goedkeur, waarna al die streeksinodes dit ook moet goedkeur.

Die Algemene Sinode se besluit word as ‘n dramatiese voorwaartse stap gesien.

Na afloop van die besluit het ek ‘n klankonderhoud met prof Thias Kghatla, voorsitter van die Verenigende Gereformeerde Kerk se Algemene Sinodale Kommissie gevoer.  Kghatla was diep geroer en het gesê: “I am stunned, I am schocked.”

Sowat 90% van die vergadering het ten gunste van die besluit gestem.

Luister na die onderhoud op youtube:

- Advertisement -

httpv://www.youtube.com/watch?v=kEjzBp9u3Ss

Click to join movement

 

Comments are closed.