Retief Burger se Luidkeels Dieper album wen ‘n Ghoema!

retiefghoema Merchant Musiek is verheug om aan te kondig dat Retief Burger se Luidkeels Dieper album wat einde Oktober 2012 vrygestel is, die Ghoema vir die Beste Geestelike Album by die jaarlikse Ghoema Afrikaanse Musiektoekennings op Sondagaand in Carnival City gewen het, se die platemaatskappy in ‘n persverklaring. Die album was ook genomineer in die Album van die jaar kategorie.

Retief Burger het die volgende te te sê gehad: “Dankie vir die wonderlike voorreg om deel te kan wees van hierdie geleentheid! Dit is vir my ‘n groot eer om ‘n Ghoema te ontvang en ek eer die Here daarvoor! Hierdie is ‘n offer aan die Here omdat Hy die hele pad saam gestap het. Dankie aan die Ghoema trust en al die wonderlike organiseerders!”

Die Luidkeels Dieper album bestaan uit 13 snitte wat lewendig opgeneem was tydens die Luidkeels Dieper Konferensie wat gedurende September 2012 in die Atterbury Teater gehou was. Aanbiddingsleiers van regoor Suid-Afrika het dit bygewoon en dit was ‘n wonderlike ervaring vir almal wat betrokke was. Gas kunstenaars wat sing op die album sluit in Stass (Onbeskaamd), Riana Nel, Mervis, Rick Moser & Leza Liversage. Luidkeels Dieper is Retief Burger se 4de album met sy vorige 3 albums – Luidkeels, Luidkeels Hersien & Luidkeels Oorgegee, wat almal goud en/of platinum status bereik het.

Kyk hier na die promosie video van Luidkeels Dieper: Retief Burger – Luidkeels Dieper

- Advertisement -

Click to join movement

Comments are closed.