Retief Burger se Luidkeels Dieper uitgereik

Retief Burger se vierde album, Luidkeels Dieper, is sopas uitgereik en die album is beskikbaar by musiekwinkels landswyd  Merchant Musiek in ‘n persvrystelling vandag.

In September 2012 het honderde worshipleiers van regoor die land bymekaargekom tydens die Luidkeels Dieper Konferensie om meer te leer en dieper te groei in aanbidding. Saam met Burger en die Luidkeels-band het hulle nuwe Afrikaanse liedjies gesing en laag voor God se troon gebuig. Hierdie aanbiddingssessies is lewendig opgeneem en word nou vrygestel as Luidkeels Dieper! Retief het van sy goeie vriende Stass (Onbeskaamd), Riana Nel, Mervis, Rick Moser en Leza Liversage genader om saam aanbidding te bring wat oor style en generasies strek.

Burger se vorige drie albums was almal baie suksesvol en het Goud (Luidkeels Oorgegee en Luidkeels Hersien) en Platinum status (Luidkeels) bereik.

“Hierdie Luidkeels is rouer en dieper as enige lof- en aanbiddingsalbum wat Suid-Afrika tot nou toe gehoor het,”  Merchant Music.

- Advertisement -

2012 was ‘n besig jaar vir Burger waar hy ook betrokke was by Dawid die Musical in die hoofrol van Dawid, asook een van die 10 kunstenaars wat deel uitgemaak het van die Huisgenoot Tempo liedjieskryf kompetisie. Burger is ‘n gevestigde kunstenaar in die Suid-Afrikaanse Christelike musiekbedryf en is jaarliks deel van die Gospel Skouspel en het ook in 2011 gesing tydens die Huisgenoot Skouspel. Burger is ook onlangs genomineer vir ‘n SABC Crown Gospel Music Award in die Beste Afrikaanse Gospel kategorie vir die In Verwondering album (saam met Louis Brittz, Helmut Meijer en Neil Buchner) waar hulle vroeer die jaar oor 3 dae in die Karoo 12 liedjies geskryf het en die hele proses en hulle ervaringe ook op DVD gedokumenteer het. Die Crown toekenningsaand vind 18 Nov in Durban plaas.

Click to join movement

23 November vind die Luidkeels Dieper album vrystelling plaas by Lewende Woord Brummeria in Pretoria. Kaartjies vir die album vrystelling kos R40 en is beskikbaar by Marinus by 082 317 3222 / 012 845 8300 of marinus@lewendewoord.co.za.

Comments are closed.