Shofarband…ons sal sing!

shofarbandCD-Resensie deur Nagel Myburgh

shofarband — Ons sal sing

Die CD bevat opnames van Shofar Gemeente se oorspronklike liedere, met komposisies van Jaques van Tonder, James Pringle, Richard Wade, Robert Kellerman, Hennie Swart, Jane la Grange, Fred May, Christo Viljoen en Markus Coetsee.

Ons sal sing is ’n besondere musikale belewenis wat die luisteraar vanaf snit 1 inspireer om nog meer te wil hoor en laat hunker na meer intimiteit met God.

- Advertisement -

Die ryk lirieke en melodiee begelei die luisteraar op ’n geestelike reis waar die waarhede van die Woord van God kreatief ontvou.

Die liedere deur verskillende liedjieskrywers gee aan die album die pluspunt van verskeidenheid, tog slaag die musiekverwerker op ’n briljante manier daarin om aan die groep ’n baie unieke en spesifieke musikale klank te gee, wat die album saam bind tot ’n uitnemende eenheid en musikale belewenis.

Die verskeidenheid sangers op die album maak die album ’n verdere “uitblink-album” wat die luisteraar nog en nog wil laat hoor. Die sangers spreek van musikale afronding vermeng met passie en harte wat God in gees en waarheid aanbid.

- Advertisement -

Click to join movement

Ons sal sing – ’n album wat jou geestelike lewe beslis sal verryk.
Ons sien uit na nog meer vanaf Shofar!

Comments are closed.