Insiggewende seminaar oor die Bybel en selfdegeslagverhoudings

Andre Bekker
André Bekker besig om sy getuienis te lewer en om die onderwerp van homoseksuele oriëntasie in te lei.

Deur Ds Gideon Aggenbag

Op Saterdag, Junie 11, het Blouwaterbaai Familiekerk in Port Elizabeth ‘n insiggewende seminaar oor Die Bybel en Selfdegeslagverhoudings aangebied. Ek was aangenaam verras deur die wye verskeidenheid dissiplines wat betrek is en waaroor verskeie sprekers hulle kennis en ondervinding met ons gedeel het.

André Bekker het die seminaar ingelei met sy roerende getuienis. Hyself is ‘n voormalige homoseksueel wat vir 32 jaar in die leefstyl was. Hy vertel hoe ’n onaangename gebeurtenis, wat die polisie betrokke gehad het, hom in 2001 tot ’n keerpunt in sy lewe gebring het. Met behulp van terapie wat hy deur ’n Amerikaanse organisasie ontvang het en sy Godsdiensbelewenis, was hy vir vier jaar lank op ‘n reis wat sy lewe totaal verander het. Dit het daarop uitgeloop dat hy 12 jaar gelede getroud is. Hy is tans betrokke in ’n bediening New Living Way Ministry wat uitreik na ouers en geliefdes van persone wat selfde-geslag aangetrokkenheid beleef sowel as persone met ongewenste selfde-geslag aangetrokkenheid. Hy is ook ’n advokaat vir die konstitusionele regte van voormalige homoseksuele.

- Advertisement -

André het verder met ons oor die tema: Seksuele Oriëntasie gesels. Dit was verrassend om te hoor dat daar geen konkrete wetenskaplike bevindinge bestaan, wat bewys dat ’n mens met ’n spesifieke oriëntasie gebore word nie. Daar is ook nie een uniforme definisie vir oriëntasie nie. Gegewe die vloeibaarheid van oriëntasie is daar mense wat van oriëntasie verander beide spontaan en deur middel van terapie. Hy het daarop gewys dat oriëntasie grense nodig het omdat dit so uiteenlopend en gevarieerd voorkom. Moraliteit stel die grens, waarvolgens die seksuele daad slegs binne die perke van ’n huwelik tussen een man en een vrou mag plaasvind.

- Advertisement -

Chris van Wyk
Dr Chris van Wyk besig om die verskillend aspekte van eksegese en hermeneutiek te verduidelik.

Dr Chris van Wyk, Moderator van die Oos-Kaapse sinode van die NG Kerk, se aanbieding oor die hermeneutiek en eksegese was soos ’n oase in die woestyn. Hy het beklemtoon dat die Bybel se gesag in God self opgesluit lê en hoe maklik eksegese eisegese kan word. Hy toon oortuigend aan dat selfdegeslagverhoudings reeds van die vroegste tye af bekend is. Verder het hy verduidelik dat die Bybel beskryf selfde-geslag seksuele gedrag konsekwent negatief en dat die Bybel nie van oriëntasie praat nie, maar van seksuele gedrag. Hy praat dan in diepte oor die uitleg en verstaan van die verskillende skrifgedeeltes wat op selfdegeslagverhoudings dui.

Ds Andries Louw se aanbieding oor die gay agenda het almal se aandag gehad. Dit het duidelik geblyk wat die gay agenda ten doel het: “Making gay OK.” Dit het begin met die seksuele revolusie, en ‘n rolspelende faktor was die “Stonewall Inn Riots”. Die fokus het ook verskuif na burgerregte. Die vier terreine waarop die aktiviste hulle visiere gevestig het, was die media, psigiatrie, regswese en kerke.

Adv Reg Willis het die gehoor ingelig oor die vele implikasies wat die gay agenda inhou vir volgehoue godsdiensvryheid en – regte en die gevaar wat Christene in die gesig staar om hul vryhede en regte prys te gee.

- Advertisement -

Die lesers word van harte aanbeveel om dit ernstig te oorweeg om met André te reël om so ‘n seminaar in hulle omgewing aan te bied. Dit is werklik insiggewend, leersaam en opbouend. Hy kan gekontak word by www.learntolove.co.za

Comments are closed.