Joe Niemand stel nuwe CD by KMMC 2013 vry

 

joegenoegJoe Niemand se nuwe album, Genoeg is Genoeg, wat volg op die weghol sukses van sy platinum verkoper “Ek sal nie bang wees nie”, is hier en word hierdie naweek by die Karoo Mighty Men Conference in Middelburg vrygestel.

Met 11 splinternuwe Afrikaanse snitte vanuit die bekroonde liedjieskrywer se pen is die album ‘n kombinasie van musiek en stories wat kleurvol en energiek saamgevleg word,

Niemand is self baie opgewonde oor die nuwe album:  “Ek dink hierdie is my beste album nog, ek sien vreeslik uit daarna dat mense dit hoor! Die song Genoeg is Genoeg het ‘n boodskap aan elkeen, dat ons nie aggressief hoef te wees om op te staan vir dit waarin ons glo nie. Maar die tyd is hier, genoeg ìs genoeg.”

- Advertisement -

Niemand het weer kragte saam met die gedugte vervaardiger Jake Odendaal gespan, wat aan Joe se vorige albums sowel as “Night of Light” gewerk het.

‘n Gevoel van vryheid en vreugde sal jou oorweldig wanneer jy die ‘voel goed’album met splinternuwe liedjies soos “Ek mis jou Suid-Afrika”, “Ek is lief vir jou” en “Die lig in ons” hoor.

Niemand gaan hierdie naweek (April 26 to 28) by die Mighty Men Konferensie in die Karoo die gehoor met liedjies vanaf die album bekoor en ook in Mei die internasionale gehore in Nashville met sy sielvolle lirieke bederf.

- Advertisement -

Kyk uit vir die musiekvideo van “Genoeg is genoeg” waar Joe gemeenskappe betrek, om die strewe na ‘n beter Suid-Afrika n stem te gee wat diep tref en vêr gaan trek:

Click to join movement

“MMC Karoo is een van my gunstelinge! Die prag en stilte van die Karoo, die afwagting van die manne en dit wat die Here elke jaar daar doen maak dit baie spesiaal. Dit is deel van hoekom ek hierdie jaar MMC Karoo gekies het om my nuwe album Genoeg is Genoeg daar vry te stel. Die boodskap agter die album is iets wat ek glo wyd ‘n impak gaan maak en dit is vir my n voorreg om hierdie musiek in die Karoo te kom vrystel. “

One Comment

  1. carol ann ratcliff

    I was at KMMC this year. The Sunday I wanted to buy the new cd of Joe Niemand. Unfortunately it was sold out. Where can I order one from?