MPA Konferensie in PE fokus op Heilige Gees-geinspireërde vernuwing

Ds Dirk van der Spuy.
Ds Dirkie van der Spuy.

Human Hearts-stigiting bied op 22 en 23 Augustus, die MPA-Konferensie aan in samewerking met die NG Gemeente Kraggakamma, in die saal op die hoek van Gazaniastraat en Broadwaylaan in Sunridge Park, Port Elizabeth.

Die Moreletapark Assosiasie verbonde aan Moreletapark-gemeente in Pretoria streef daarna om kerkleiers en lidmate in hul persoonlike geestelike lewe tot volle oorgawe aan die Heilige Gees te lei.

Ds Dirkie van der Spuy en die span van MPA, bedien diegene wat die konferensie bywoon met getuienis uit hul persoonlike lewe en die gemeente se lewe en hoe dit gekom het dat Moreletapark gegroei het tot waar dit vandag staan met 15 000 lidmate en 13 leraars.

Dr Kobus Prinsloo, verbonde aan Human Hearts, wat die konferensie in PE reël, vertel dat die gawe van die Gees is vir elkeen bedoel is.  Jesus het aan die kruis gesê: “Dit is volbring” en daardeur het Hy verklaar dat Sy werk op aarde, aan die kruis, voltooi is.  Nadat die Heilige Gees uitgesort is, kan elkeen (kinders van God) in volle oorgawe tot die Vader, deur die Gees lewe. Die vryspraak deur die kruisdood is vir elkeen en daarom leef ons nie meer onder oordeel nie, maar in totale afhanklikheid.

Die program vir die konferensie is soos volg:

Vrydag, 22 Augustus vir Predikante, Pastore en Herders van alle dinominasies.  Die onderwerp van die dag handel daaroor om predikante te begelei om olv Heilige Gees hul gemeentes te bedien en om hul in hul persoonlike lewe tot volle oorgawe aan die HG te lei.  Die Vrydagaand  word almal ook aan bediening in kleingroepe blootgestel wanneer elke predikant sal inskakel by ‘n selgroep van die NG Gemeente Kraggakamma.

- Advertisement -

Saterdag, 23 Augustus: Die tema is “Vernuwing in jou eie hart en dan in die gemeente” en dit is oop vir almal wat soekend is na vernuwing in hul eie geestelike lewe.

Op Sondagoggend, 24 Augustus sal Ds Dirkie van der Spuy die oggend diens om 09:00 by NG Kerk Kraggakamma lei. Almal is welkom.

Click to join movement

Kontak asb. vir Kobus Prinsloo by 078 803 2877 en e-mail kobus@humanhearts.co.za vir meer besonderhede en om te registreer vir die konferensie.

Comments are closed.