Suné Botha — U alleen is God

Music Review by Ellenor Lotter

SUNE BOTHA — U ALLEEN IS GOD

Wat ‘n heerlike voorreg om vandag hierdie pragtige jong dame aan jou te kan bekendstel, haar naam is Suné Botha en haar debuut album is U ALLEEN IS GOD. Hierdie album is in November 2013 vrygestel deur Maranatha Platemaatskappy en bevat 13 snitte waarvan Suné 5 snitte self geskryf het.

Ons weet dat God baie besonderse mense bring in spesifieke seisoene om saam met ons te stap en saam met ons God se droom oor ons lewens te droom. Een van hierdie besonderse mense is ‘n wel bekende in die Afrikaanse Geestelike Musiek Bedryf, Stass. Hy het die produksie van hierdie album behartig en ook saam gewerk aan twee van die liedjies.

- Advertisement -

Hierdie album het ook ‘n versameling van 6 ou bekendes wat I’LL FLY AWAY insluit, wat ek onthou as een van die eerste geestelike liedjies wat ek ooit saam gesing het! GOD ON THE MOUNTAIN, BLESSED BE THE NAME en die AANBIDDINGS KEURSPEL sal jou lekker laat saamsing.
“My passie, my heel grootste droom is as ek eendag alleen voor U staan dat U wat God is en wat alles is, vir my sal sê: Welgedaan!”

Gaan luister gerus na hierdie talentvolle vrou en kyk wat is nuut en vars op die rakke in Afrikaans!

Click to join movement

- Advertisement -

Comments are closed.